Wen ‘n saamry op die Groot Trek
Verskillende karakters, sang en musiek - alles deur een aktrise. Kom geniet die unieke, skreeusnaakse en oorspronklike eenvrouvertoning Trek hierdie Vrydag, 4 Oktober.

Tree vir tree het hulle diep spore in die land se geskiedenis getrap. Vanjaar is die 175-jaar herdenking van die Groot Trek, en ter viering hiervan bied die skrywer, sangeres en aktrise, Gera Phielix ‘n unieke vertoning, getiteld Trek, by die stadsteater aan.
Die vertoning bied aan Laevelders die geleentheid om hiérdie deel van die geskiedenis werklik te beleef. Trek gee ‘n stem aan van dié individue wat deel van die Groot Trek was, veral die vrouens wat hierdie harde en lewensgevaarlike tog in die vreemde onderneem het. Dit handel oor geheime, verhoudings en avontuur gedurende ‘n tyd van beproewing: die Groot Trek. Vier Voortrekkervroue, Magdalena, Hester, Johanna en Kleintjie kan nie oor die weg kom nie, maar sonder mekaar sal hulle nie oorleef nie. En dan arriveer die brief wat dreig om dié fyn balans te verwoes.
Phielix is een van Suid-Afrika se top opkomende kunstenaars. Met haar unieke en oorspronklike klank is sy besig om die standaard te stel vir baanbrekerwerk in die musiekindustrie. Sy is alreeds vanaf ‘n jong ouderdom in sang, klavier en viool opgelei. Na die voltooiing van haar musiekteaterkursus aan die Tswane Universiteit van Tegnologie, het sy op verhoë regoor die wêreld opgetree. Sy komponeer ook al liedjies vir meer as 10 jaar en werk tans aan haar Afrikaanse album. Met haar ryk, kontemporêre, Afrikaanse klank sal sy beslis die aandag van enige gehoor te trek en te hou.
Moet dit nie misloop nie! Merk hierdie datum op jou kalender en koop jou kaartjies vroegtydig!
Dié vertoning dien óók as fondsin-samelingsprojek vir die Nelspruit Gemeenskapforum. Kaartjies kan by die NGF gekoop word.
Navrae: Brenda of Mariaan by 013-752-2140.
Wen twee kaartjies!
‘n Leser kan twee kaartjies na hierdie vertoning losslaan.
Antwoord die onderstande vraag hier:
– In watter jaar het die Groot Trek begin?
