Joshua na die Reën se nuwe album bereik sukses na digitale vrystelling
Die album is hierdie naweek digitaal vrygestel en word volgende week in die Laeveld uitgereik.

Die splinternuwe en derde studio-album getiteld, Someraarde, van die gewilde musikant, Joshua na die Reën, is 12 April op alle digitale platforms vrygestel en het oor die naweek die nommer 1 posisie op die SA iTunes trefferparade vir verkope ingeneem.
Op 17 en 20 April kan Laevelders uitsien na sy unieke klanke en outentieke verhoogpersoonlikheid wanneer hy sy album by African Dream vrystel.
“Die titel van my nuwe album is gebaseer op die titelsnit wat ek vir my ouboet, Pierre, geskryf het. Vandat ek kan onthou, was sy hoop vir die wêreld dat almal genoeg sal hê om van te leef en dat daar vrede sal wees. Dat mense hulle volle potensiaal sal ontdek. Ek het besef dat jy daardie plek net binne jouself kan vind, en as dit ’n naam gehad het, sou myne Someraarde gewees het,” verklap hy.
LEES OOK: The 3 Divas give audience a spectacular show
Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste vrystelling self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.
Kaartjies vir die geleentheid kos R150 per persoon en kan bespreek word by Elsabé by 082-459-0343. Moenie hierdie geleentheid misloop nie.
LEES OOK: Popular acapella groups coming to the Lowveld
