EntertainmentLifestyle

Gerrie Pretorius sing binnekort die Laeveld aan die brand

Boonop is dit vir 'n goeie doel.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse sanger, Gerrie Pretorius, kom vermaak Laevelders op 25 Mei by Montana Garden Pavilion.

Die konsert is deel van ‘n fondsinsameling vir Mikayla Oosthuizen wat met outosomale resessiewe polisistiese niersiekte gediagnoseer is en vir ‘n nieroorplanting wag.

Vir die eerste keer in byna sewe jaar bring hy ook nou ‘n splinternuwe album uit wat binnekort die rakke gaan tref. Die album, Jou Hart Is Weer Myne bevat 12 snitte met liedjies uit Pretorius se eie pen sowel as dié van Rudi Claase.

Daar is ook twee duette saam met die talentvolle Caroline Grace en Lynelle Kenned opgeneem om die album ekstraspesiaal te maak.

LEES MIKAYLA SE STORIE HIER: A little angel needing a second chance at life

Pretorius en Grace gaan in Julie vanjaar deur Namibië toer om die album te bemark en die nuwe liedjies te deel.

Afgesien van sy sang, is Pretorius ook die bekende gesig van kykNET se gewilde reisprogram, Leef Jou Reis met Gerrie Pretorius waar hy verskeie lande regoor die wêreld besoek. Hy reël selfs toere waar aanhangers saam met hom die verskillende lande kan gaan verken.

Pretorius  het ook sy buiging verskeie kere op plaaslike televisie gemaak, van sepies tot films soos “Ek Lief Jou” met die bekende Belgiese regisseur, Ate de Jong (Miami Vice en Drop Dead Fred) aan die stuur van sake. Kurt Darren, Ilse de Vries en Christina Storm verskyn ook in laasgenoemde.

LEES OOK: VIDEO and GALLERY: Dressed to the nines with Care Buddies

Kaartjies is beskikbaar by Montana teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12. Die vertoning begin om 19:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button