Klubkampioene wys hul staal

Lede van die Lydenburg Gholklub het die naweek aan die jaarlikse gholfklubkampioenskappe deelgeneem.

Beide die mans en dames het in drie afsonderlike afdelings deelgeneem. Daar is terselfdertyd ook in die seniorafdelings meegeding.
Bets Jacobs is vir die 27ste keer as dameskampioen gekroon. “Ek het eers op 35 begin gholfspeel en toe het die gogga my gebyt,” het sy gesê.
Die 2021-kampioen is die klubkaptein, Kerneels Muller (157). Die ander wenners is as volg: Frans van Niekerk (mans nettowenner, 144), Jaco Nel (A-afdeling bruttowenner, 159), Solly Mmila (A-afdeling nettowenner, 150), Christiaan Willemse (B-afdeling brutowenner, 158), Shaun Barton (B-afdeling nettowenner, 146), Luan Swart (B-afdeling bruttowenner, 181), Vic Swanepoel (C-afdeling nettowenner, 159), Bets Jacobs (damesbruttowenner, 184), Eileen Horak (nettodameswenner, 153).
Thys Cronje en Coenie du Preez het die trofee ontvang vir die twee gholfers wat oor die twee dae die minste sethoue gespeel het, ‘n aantal van 54.
Die klub bedank McGee Ford, Wireless Solutions, Coastal Hire, Qantico en JamJar vir hul borgskappe oor die twee dae.

Lees ook: Gholfers ding mee om provinsiale span te maak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button