News

Elke Facebookgroep het iets oor Willem Kruger te sê

Wilde bewerings as “feite” verkoop.

Daar is ’n oorlog in die kuberruimte rondom die Willem Kruger-tragedie en die vraag is:
Wie sit agter die bewerings wat op Facebookgroepe gemaak word?

Gerugte word as die “waarheid” aangebied sedert Willem as vermis aangegee is en sy bakkie later uit die Vaalrivier gesleep is.

Eers was dit “Ons soek Willem Kruger” wat verander het na “Geregtigheid vir Willem.”

Daarna het “TrotsAfrikaans” en “Veg-vir-boere” (Instagram) hul deel bygedra en op “Skaakmat Media” is bewerings, wat op ander groepe gemaak is, is weer beaam.

Een van die ‘TrotsAfrikaans’ plasings.

Daar is nou ook ’n groep met die naam: “Willem Onse Willem As Jy Net Kon Sê”.

Op “Skaakmat Media” is daar plasings wat onder andere sê: “staan jy vir geregtigheid, of is jy pleinweg ’n boelie met ’n agenda? Jy verwys na die #henbaselodge as die misdaadstoneel en jy praat van die moord op Willem…dit terwyl daar duidelik deur die owerhede gesê word daar daar geen gemene spel vermoed word nie en slegs ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

“Daardie jong man verdien geregtigheid indien daar vuilspel was, maar nie op die manier wat jy dit wil bedien nie. Jy wil jou sakke laai met geld, terwyl jy weet jy plaas snert om mense se emosies te oortuig om jou finansieel te ondersteun. Ek wonder wat is erger…iemand wat ‘vermoedelik’ swyg oor iemand anders se ’dood.”

Die nuwe “Willem Onse Willem As Jy net Kon Sé”

•“Geregtigheid vir Willem” het al die blaaie van die Sondagkoerant, Rapport, geplaas en die admin van die groep het gesê dat “uitsprake gelaat op die groep nie die opinie van die skrywer is nie, maar gebaseer op feite en inligting wat binne die media meegedeel word.

Hulle het onlangs gevra dat mense ’n foto wat hulle verskaf het, as hul profielfoto opsit, om te wys hulle ondersteun “#Geregtigheid vir Willem Kruger”.

Van die “nuwe inligting” wat hulle bekend gemaak het en wat wel in die media geplaas is, sluit in:

• Brig. Selvy Mohlala (polisiewoordvoerder) sê dit is hoogs onwaarskynlik dat die ervare polisieduikers nie Willem se bakkie sou vind op die plek waar dit uitgetrek is nie.

•Die rivier wat in vloed was, het nie ’n effek gehad op die duikspan nie. Die bakkie is groot en kan nie gemis word nie.

‘Skaakmat Media’.

•Volgens Die Beeld, erken die polisie dat daar ‘n ander moontlikheid as ‘n tragiese ongeluk vir Willem se dood bestaan.

•Die voorlopige verslag van die lykskouing deur die staatspatoloog wys “moontlik verdrinking.” Hulle kan nie ten volle bevestig/ontken of Willem wel verdrink het nie.

•Daar word nog vir ander uitstaande verslae gewag.

•Dit word steeds as ‘n geregtelike ondersoek beskou, en sal slegs in ‘n moordondersoek verander indien die finale bevindings wys Willem was reeds dood toe hy die water in is.

•Die saak word deur verskillende partye ondersoek.

•Adv. Gerrie Nel is deur Willem se familie genader om te help met die ondersoek.

Lees ook:

Lof vir polisie se ondersoek in Willem Kruger saak

•Hy en sy span gaan die polisie ondersteun en monitor in hulle ondersoek.

•Die staats-en-privaatpatoloog se ondersoeke is nie afgehandel nie.

•Nel sê hy is beïndruk met die polisie se ondersoek sover. Hy sê daar kan nog baie gebeur.

•Daar kan nie aannames oor Willem se dood gemaak word nie.

•Daar moet nog antwoorde gekry word om te bepaal in watter rigting die ondersoek sal beweeg.

•Nel het ‘n “hofgefokusde ondersoek” benadering aan die saak.

•Daar lê steeds nog baie werk voor in die ondersoek

•Willem se pa, Tian het die volgende gesê: “Ons as familie wil die waarheid hê, ons sal nooit vir Willem terugkry nie, maar hy moet weet ons het alles gedoen om geregtigheid vir hom te kry.”

•Die enjin van Willem se bakkie was af gewees toe dit die water tref.

•Daar is nie tekens dat die olie in die enjin met water gemeng het nie.

•Die gloeilampe het ook nie geblaas nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer die ligte onder water aan is.

•Brig. Selvy Mohala se storie het nou verander. Hy sê dat Janneman Uys se bakkie wel geneem is vir verdere ondersoek.

•Van die 30 CCTV kameras op Henbase Lodge, het net enkeles gewerk die aand toe Willem vermis geraak het.

•Die staatspatoloog kon nie die oorsaak van Willem se dood bepaal nie, maar sê verdrinking is ’n moontlikheid.

Lees ook:

Voorlopige verslag wys Willem het ‘moontlik verdrink’

•Daar word niks genoem van water in sy longe nie.

•Beide die staats-en-privaatpatoloog noem bloeding links en regs in die basis van sy skedel. Die skedel het nie frakture getoon nie.

•Daar word ook diep interne kneusplekke aan die voorkop en agterkant van die kopvel genoem.”

Die Tribune koerant het in ’n berig oor die gebeure verlede week geskryf dat Janneman Uys op 8 Februarie sy bakkie terug gekry het van die polisie,

Hy het ’n diefstalklagte by die polisie aanhanging gemaak nadat daar ’n diamantring van R250 000 uit sy bakkie verdwyn het wat in ’n sakkie in die paneelkissie was.

Brig. Mohlala het aan die joernalis van die Middelburg Observer erken dat ’n diefstalklagte geopen is, maar hy wou nie uitbrei oor wat moontlik uit die bakkie gesteel is nie.

Alhoewel hy onlangs volgehou het dat daar nie op ’n bakkie beslag gelê is nie, het hy erken dat mnr. Uys uit vrye wil sy bakkie vir hulle gegee het as deel van die ondersoek en dat dit vir hom teruggegee is nadat die ondersoek gedoen is.

Lees ook:

“Stop!” – Polisie vra bewerings oor Willem Kruger moet ophou

Die Tribune het ook gesê dat Uys gesê het dat hy nie die ring uitgehaal het, omdat hy nie die ondersoek wou belemmer nie.

Uys het onlangs vir die Observer ook gesê dat hy “saam met die polisie werk en hulle respekteer vir wat hulle doen.”

’n Anonieme bron het onlangs vir die Observer joernalis genoem dat Uys se bakkie ’n duik gehad het voor hy na die partytjie toe is.

Uys het dit in die Tribune bevestig en gesê dat die spieëltjie wel by Henbase Ldoge afgery is en dat hy vir die polisie gewys het waar dit gebeur het.

•’n Anonieme bron het verlede week die Observer gekontak en gesê, buiten dat adv. Gerrie Nel deel is van die ondersoek, dat die polisie se Valke-eenheid help met die ondersoek in die Willem Kruger saak.

Brig. Mohlala is daaroor gepols, maar hy het gesê dat hy net kan bevestig dat die “polisie die saak ondersoek en dit nie saak maak watter eenheid betrokke is by die ondersoek nie. Die polisie ondersoek die saak, dit is wat ons sê.”

•Enige nuwe betroubare inligting rakende die Willem Kruger saak (wat oorhandig sal word aan die polisie), kan geWhatsApp word na 072 248 3855.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button