Dregan Brink het sy segetog voortgesit by die pas afgelope UIPM Wêreldkampioenskappe vir Biathle en Triathle wat in Sahl Sasheesh, Egipte, gehou is.
Vier en twintig lande het kragte gemeet, en kon dié talentvolle Parysenaar ’n silwermedalje huis toe bring as deel van die so.11 SA Biathle-span, ’n silwermedalje as deel van die so.11 SA Triathle-span, en ‘n bronsmedalje vir sy individuele Triathle deelname.
Vir die Biathle-item moes deelnemers 400m hardloop, 50m swem en dan weer 400m hardloop. Triathle behels dat daar met die lasergeweer vyf skote geskiet word, 25m geswem word en dan 200m gehardloop word oor twee rondtes.
Dregan het in Oktober ook sy land verteenwoordig by die UIPM Laser-Run Wêreldkampioenskappe in Dublin, Ierland, waar hy die wêreldkampioen was vir so.11. Boonop het hy ook twee gouemedaljes verower in die ope groep en gemengde aflos vir seuns en dogters.
Dregan is die seun van Chris en Christine Brink, en ’n leerlng van Parys Primêre skool.




