Local newsNewsNews

Paulstraat se toestand tekenend van swak dienslewering

Die reuk van riool, waterlekke, sowel as talle slaggate is vir etlike jare deel van inwoners in Paulstraat se daaglikse bestaan.

Die reuk van riool, waterlekke, sowel as talle slaggate is vir etlike jare deel van inwoners in Paulstraat se daaglikse bestaan.

Die Herald het al telkemale oor die slaggate en gebrek aan dienslewering in Paulstraat berig, maar daar blyk nie enige aansienlike verbetering te wees In middel Januarie was daar ook ‘n rioollekkasie in Paulstraat wat tesame met die slaggate ook ‘n nare reuk vir inwoners gelos het. Volgens munisipale woordvoerder Jeanette Tshite, was dit as gevolg van ‘n mangat wat oorgeloop het op die kruising van Suid- en Beyers Naudestraat.

Volgens J.B. Marks munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite, is hierdie waterlek nou herstel.

“Stormwater wat in die rioolstelsel ingesypel het, was die rede vir die oorloop. Die area is nou droog nadat tegnici gestuur is om die probleem aan te spreek,” het Tshite gesê.

Johan Zerwick, wyksraadlid van wyk 4, het ook al voorheen aan die Herald bevestig dat Paulstraat al vir meer as ‘n dekade op die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) geoormerk is, maar dat daar nog geen daadwerklike oplossing gevind is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button