Hat-trick of the Week (8 October)
1. Dis Mostert teen Burger NWU Pukke se Varsitynetbal seisoen was nog alles behalwe seepglad, maar dit blyk of Dorette Badenhorst se span nou besig is om hulle vorm te vind, veral met die 65-32 oorwinning teen NMMU. Die taak gaan moeliker wees met die span wat Maandag teen die onoorwonne Kovsies in Bloemfontein te …

1. Dis Mostert teen Burger
NWU Pukke se Varsitynetbal seisoen was nog alles behalwe seepglad, maar dit blyk of Dorette Badenhorst se span nou besig is om hulle vorm te vind, veral met die 65-32 oorwinning teen NMMU. Die taak gaan moeliker wees met die span wat Maandag teen die onoorwonne Kovsies in Bloemfontein te staan kom. Dit is nou ‘n maak of breek-situasie vir die Pukke as hulle as die land se bestes gesien wil word. Een van die struikelblokke wat in Pukke se pad staan, is die SA speler, Karla Mostert, wat uitstekende verdedigende netbal vir Kovsies speel. Sy is die sleutelspeler en Pukke se Renske Stoltz en Sigi Burger sal op hulle tone moet wees en uit hulle vel moet speel. Die wedstryd gaan beslis bepaal word in die Burger-Mostert stryd hierdie Maandag. Die een wat hierdie mini stryd wen, gaan ‘n groot voorsprong vir haar span bied.
2. Bergfietskultuur is sterk in Noordwes
Die Noordwesspan het verlede naweek groot fees gevier toe hulle met slegs een punt oor Gauteng geseëvier het. Gauteng domineer die Spur Skole Bergfietsreeks en het ‘n verstommende aantal ryers wat elke jaar deelneem. Inteendeel, Noordwes het baie minder fietsryers en dit is iets wat elke jaar stelselmatig groter word. Met hierdie wen kan dit duidelik gesien word dat Noordwes leerlinge hierdie sport baie geniet. Nou moet die skole ook net soveel aandag aan hierdie sport gee soos wat dit verdien!
3. Matches are won or lost in moments
This statement can be interpreted in two ways. Let us take the Leopards and Valke match as an example. The Valke were pressing for a winning try at one end, but one mistake led to the Leopards try at the other end of the field. Matches are won by split-second decisions and moments that can either make or break a team.
Sometimes, when a try or goal is scored against a team, they suddenly get fired up and end up winning the game from there on. In other cases, the team never gains momentum from being behind and ends up being beaten with a large score. In the end, momentum wins matches and, whoever has the most momentum, will be the ones with the trophy in their hands.



