SportSport

‘n Perdefees in Potchefstroom

Op Saterdag, 26 September het dit gegons by die SAPS Mounted Academy in Potchefstroom, met die eerste jaarlikse oefenskou vir suiwer geteelde en geregistreerde Arabierperde, sowel as alle ander “general breeds”. Die skou is aangebied deur die Noordwes-streek van die Arabierperd Genootskap van Suid Afrika. Dit was ‘n geseënde dag met goddelike weersomstandighede – die …

Op Saterdag, 26 September het dit gegons by die SAPS Mounted Academy in Potchefstroom, met die eerste jaarlikse oefenskou vir suiwer geteelde en geregistreerde Arabierperde, sowel as alle ander “general breeds”.

Die skou is aangebied deur die Noordwes-streek van die Arabierperd Genootskap van Suid Afrika. Dit was ‘n geseënde dag met goddelike weersomstandighede – die mees perfekte dag vir ‘n perdeskou en ook ‘n dag sonder ernstige beserings aan perd of ruiter.

“Ten spyte van verskeie ander groot gebeurtenisse in die perdewêreld tydens daardie naweek, het ons 45 perde (waarvan 20 suiwer Arabiere), 37 ruiters en ongeveer 180 klasinskrywings gehad,” het Theodore Mienie, organiseerder, opgewonde vertel. Die beoordelaars was Fanie Maritz sr. van Shaheer Arabierperd Stoet in Upington. Fanie is ‘n senior en eksaminerende beoordelaar in alle kategorieë van die Arabierperd teel – ry- en formele klasse.

Hy was in 1976 ‘n “troepie” by die destydse Berede Sentrum in Potchefstroom, Helen Gilfillan van Johannesburg – internasionale vlak 2 afrigter en nasionale beoordelaar, Alayne Mc Lean van Klerksdorp – vlak 1 DSA afrigter en provinsiale A paneel dresseer en showing beoordelaar en Chani Swanepoel van Potchefstroom, met meer as 20 jaar skouspring ondervinding.

Die baanbeampte was mnr. Fanie Rootman, ‘n oud-Potchefstromer wat tans in Kempton Park woon. “Fanie is ‘n groot Arabierperdman, besit die Raheema Arabierperd Stoet en staan grappenderwys in die Arabierperd geledere bekend as “Rulebook Rootman” omdat hy ‘n man is wat glo aan reëls,” het Mienie genoem. Janus Kruger, self ‘n kranige ruiter en tans in matriek aan Potchefstroom Gimnasium en sy pa, Fanus Kruger, ‘n makelaar van Potchefstroom, het hande bygesit as hekbeampte en stalbestuurder onderskeidelik.

Op hierdie spesiale dag kon mens duidelik sien dat die anonieme skrywer van God made the horse from the breath of the wind, the beauty of the earth and the soul of the Angel, definitief geweet het waarvan hy praat!

Amptelike uitslae van Potch ruiters:

Ané Nel van Equidream met Stochholm La Bimbo
Dressage combined – “placed”

Ané Nel van Equidream met Hurricane Honey

40cm Jumping Fun Class – 1ste plek
Jumping for points Fun Class – 1ste plek

Fancy Dress Fun Class – 1ste plek
Arielle van Deventer (4 jaar oud) van Windrush Equestrian met Forsythe Cambian Pimms
Lead Rein – Rider, walk and trot – 1e plek

Lead Rein – Show Riding Pony, walk and trot – 1e plek

Lead Rein – Working Riding – 1e plek
Leah Laubscher van Windrush Equestrian met FasfatWorking riding
– 1e plekShow riding Pony, walk and trot – 2e plek

30cm cub hunter – 2e plek
Lana Laubscher van Windrush Equestrian met Milkshake
Show riding Pony, walk and trot – 3e plek

30cm cub hunter – 3e plek

Rider, walk and trot – 3e plek
Riani Mare van Windrush Equestrian met Day Dream
Show Riding Pony, walk and trot – placed Rider, walk and trot – placed

Working Riding – 2e plek

30cm cub hunter – 1e plek
Nicola Kruger van Windrush Equestrian met Kahlua
Novice Rider – 1e plekShow

Riding Horse Novice – 3e plek

Working Hunter – 70cm – 2e plek

40cm Showjumping ideal time – 4e plek,
Nika Stols van Windrush Equestrian met Amicia Akasha (suiwer Arabier)
Show riding Pony, walk and trot – 1e plek

Rider, walk and trot – 1e plek

Purebred Arab Riding Horse – walk and trot – 1e plek

Purebred Arab Rider – walk and trot – 1e plek Kids’ dressage prelim 1 – 1e plek
Kimberly Minchin van Windrush Equestrian met R A Farhaddinn (suiwer Arabier)
Purebred Arab Youth Riding Horse – 3e plek

Novice Show Hack – General breeds – 2e plek

Horsemanship – 2e plek Novice Show Riding Horse – General breeds – 1e plek Youth Rider – General breeds – 1e plek

Purebred Arab Youth Rider – 1e plek

Purebred Arab Open Riding Horse – 1e plek

Purebred Arab Youth Rider – 1e plek

Purebred Arab – Hunter Pleasure Horse – Youth Rider – 1e plek

Purebred Arab Senior Hunter Pleasure Horse – 1e plek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button