SportSport

Verveeld? Gee dalk Rugby League ‘n kans

Rugby League gaan wyd speel en sal die tradisie van hardloop rugby handhaaf. “Die spel leen homself tot aksie en sprankel rugby en as daar stampkar rugby hier en daar kop uitsteek, dan beteken dit nie ons raak vervelig nie, maar ons kyk die opponente uit!” So gesels Jan Prinsloo, oud League man skertsend na …

Rugby League gaan wyd speel en sal die tradisie van hardloop rugby handhaaf.

“Die spel leen homself tot aksie en sprankel rugby en as daar stampkar rugby hier en daar kop uitsteek, dan beteken dit nie ons raak vervelig nie, maar ons kyk die opponente uit!”

So gesels Jan Prinsloo, oud League man skertsend na aanleidng van Rob Howley, ’n hulpafrigter van Wallis se rugbyspan wat net soos Steve Hansen dink dat rugby in die algemeen “vervelig” word.

Hansen, die All Black-breier het vroeër gesê daar word te veel klem gelê op verdediging. Prinsloo gee toe dat League ook ‘n sport is waar verdediging ’n groot rol speel, maar omdat die spel so vinnig is, is daar baie ruimte vir hardloop rugby.

Volgens Howley is Wallis versigtig om te wyd te speel omdat dit as hoë risiko-rugby beskou word. Hierop se Prinsloo dat hardloop rugby nie ‘n risiko hoef te wees as spanne behoorlik verdedig en goed voorbereid is om ook te hardloop nie.

“In die ou dae het ons ‘n bars gehardloop, ‘n bars verdedig en ons het die skare op hul voete gehad.Ons was nie oorversigtig nie. Vandag hardloop die manne teen mekaar verby en baie bekende rugbyspelers lê soos waslappe op die veld nadat hulle arms oop gehardloop is. Sal ons dan eerder sorg dat niemand ‘n kans kry om te beweeg nie? Indien wel, dan stem ek saam.Ons rugby word “vervelig” , sê die oud Springbok Leaguespeler.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button