SportSport

Lewensredders terug na Europese avontuur

Annien Muller en Samantha Blaauw het ondervinding uit ‘n ander liga huis toe gebring wat hule tydens die President- en Protea Lewensreddingspanne, wat elk uit nege spanlede bestaan het, se onlangse deelname by die toonaangewende Orange- en German Cups in Europa opgedoen het. Annien (16), lid van die Presidentspan en Samantha (20), lid van die …

Annien Muller en Samantha Blaauw het ondervinding uit ‘n ander liga huis toe gebring wat hule tydens die President- en Protea Lewensreddingspanne, wat elk uit nege spanlede bestaan het, se onlangse deelname by die toonaangewende Orange- en German Cups in Europa opgedoen het.
Annien (16), lid van die Presidentspan en Samantha (20), lid van die Proteaspan, is terug na hul onvergeetlike ervaring om internasionaal deel te neem.

Die kompetisie het in Nederland in Eindhoven en Duitsland in Warendorf plaasgevind. Annien en Samantha het albei aan die Orange Cup in Nederland deelgeneem en Annien het in haar onderskeie items ‘n 27ste, 22ste en 17de plek behaal, terwyl Samantha in haar items onderskeidelik ‘n 18de, 16de en twee 11de plekke behaal het.

In Duitsland neem slegs die Proteaspan deel aan die German Cup. Sestien lande en 350 atlete was teenwoordig. Samantha behaal algeheel ‘n 49ste plek onder die dames en die Proteas stap weg met die 5de plek in die wêreld. Die waters is getoets en ons sien uit wat die tweetjies in die volgende seisoen gaan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button