SportSport

Pukke se Olimpiese heldinne

Vir die eerste keer in die Noordwes Universiteit se geskiedenis het hulle ’n Olimpiese Gouemedaljewenner. Toe ons goue heldin, Caster Semenya blitsvinnig in die vroue 800 meter finaal oor die wenstreep is, het sy met haar naam vir ewig in Pukke se geskiedenisboeke gegraveer. Daar was verwagting dat Semenya hierdie keer haar staal by die …

Vir die eerste keer in die Noordwes Universiteit se geskiedenis het hulle ’n Olimpiese Gouemedaljewenner.

Toe ons goue heldin, Caster Semenya blitsvinnig in die vroue 800 meter finaal oor die wenstreep is, het sy met haar naam vir ewig in Pukke se geskiedenisboeke gegraveer.
Daar was verwagting dat Semenya hierdie keer haar staal by die Spele sou wys en sy het nie teleurgestel nie, al was daar ’n groot wolk van bespiegeling rondom haar deelname en beweerde voordeel wat sy het. Dit het ook na die afloop van haar sege voortgeduur.

Semenya het wel koel en kalm gebly en die wedloop van haar lewe gehardloop met ’n tyd van 1:55.28 om al die jakkalse om haar se monde stil te hou. Semenya is die eerste swart Suid-Afrikaner om die goue medalje te verower en dit is iets wat niemand kan wegvat nie.

Caster Semenya won a brilliant gold medal at Rio

“Ek wil eerstens vir die Here dankie sê vir die talente wat Hy my gee. Ook groot dank moet gaan aan my afrigter Jean Verster, my vriende en familie. Hierdie goue medalje is vir die hele nasie,” het Semenya vol vreugde op haar Facebook-blad geskryf.
Semenya het ook genoem dat sy met ’n strategie gehardloop het en dat al die jare van harde oefening die moeite werd was.

“Ek het geweet dat ek baie krag in die laaste 200 meter het. Ek het net myself geniet en my beste gegee,”het sy verder genoem.
Net twee aande vroeër was die voormalige Puk-atleet Sunette Viljoen die eerste vroue spiesgooier in Suid-Afrikaanse geskiedenis wat silwermedalje by die Olimpiese Spele behaal het. Met haar gooi van 64.92 meter het sy die demone van vorige Olimpiese teleurstellings gebêre en haar droom bereik toe sy met medalje, vlag en al voor die Christus-beeld in Rio trots kon staan.

“Die belangrikste ding was om aan te hou veg tot die einde toe.
Dit is ook wonderlik om op die grootste verhoog te wys wat ek kan doen. Ek is trots om onder druk te presteer en die Here het my met hierdie medalje op baie spesiale manier geseën,” het sy na haar oorwinning in Rio gesê.

Haar afrigter, Terseus Liebenberg was ook net so in sy noppies na Viljoen se medalje-oes en glo dat haar deursettingsvermoë en harde werk deur die jare nou vrugte af werp.
“Absoluut fenomenaal. Fantasties. Dit is moeilik om haar prestasie in woorde te sit. Sunette het vir my gesê ‘Coachie moet nie bekommerd wees nie. Ek is baie kalm, reg en gefokus’ en dit was presies hoe dit was toe sy die spies gooi,” onthou Liebenberg wat ook saam in Rio was.

“Ek het nog nooit vir Sunette so kalm en gefokus gesien nie. Haar toewyding was ongelooflik en sy verdien dit uit en uit. Wat ’n inspirasie!” het Liebenberg met ’n groot glimlag bygevoeg.
Inspirerend was dit beslis en die prestasie is ook natuurlik ’n groot pluimpie vir Puk-Sport en die HPI wat as een van die land se beste sportfasiliteite gereken word. Nou is Potchefstroom ook bekend as die stad wat Olimpiese medaljewenners kweek.

Hierdie twee Olimpiese ystervroue, wat met woord en daad die hele nasie trots gemaak het met gemeenskaplike doel en ’n vier woord getuigskrif in hulle harte.
“Alle eer aan God.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button