Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimnasium maak oortuigende begin in krieketligas

Potchefstroom Gimnasium het die plaaslike ligaseisoen baie goed op die krieketveld begin. Die eerstespan en verdedigende Noordweskampioenne het eerste gekolf teen Hoërskool Rustenburg en 279/8 in hul 50 beurte aangeteken. Rinus Prinsloo met 80 lopies, Vernon Charslund met 53 lopies en Jaco Schoeman met 43 lopies het vir Gimmies uitgeblink met die kolf. Die Gimmie-boulers …

Potchefstroom Gimnasium het die plaaslike ligaseisoen baie goed op die krieketveld begin. Die eerstespan en verdedigende Noordweskampioenne het eerste gekolf teen Hoërskool Rustenburg en 279/8 in hul 50 beurte aangeteken.

Rinus Prinsloo met 80 lopies, Vernon Charslund met 53 lopies en Jaco Schoeman met 43 lopies het vir Gimmies uitgeblink met die kolf. Die Gimmie-boulers het nie op hulle laat wag nie en Rustenburg vir ’n skamele 112 lopies uitgeboul. Francois van Deventer het 4 paaltjies geneem in 8 boulbeurte en staan 34 lopies af. Vernon Charslund het drie paaltjies in 3,3 boulbeurte geneem, en staan vyf lopies af.

Die o.15A span het ook vir Rustenburg verslaan, en wel met 33 lopies. Spesiale vermelding moet van Gimmies se Ronnie Hendricks gemaak word. Hy het 119 lopies met die kolf aangeteken en spog met 3 paaltjies in 10 boulbeurte, waarin hy 36 lopies afgestaan het.

Die tweedespan het Ikageng se eerstespan met 174 lopies verslaan. Hier was Ruan Benson die held en teken 142 lopies aan en neem 2 paaltjies. Die o.15B span het Ikageng se o.15A span met 7 paaltjies verslaan. Abrie Kruger neem 3 paaltjies en Daniël Kotzé teken 55 lopies aan.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button