Transvalia te sterk vir Gimmies
Voordat daar Saterdag ’n bal geskop is in die Beeldtrofee-halfeindstryd tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Transvalia kon ’n mens dadelik die verskil tussen hierdie twee o.14 spanne opmerk. Transvalia se jong manne was fisies baie groter as Gimmies se jong span en was ook groot van gees teenoor die Gimmie-span wat wel baie hart in …
Voordat daar Saterdag ’n bal geskop is in die Beeldtrofee-halfeindstryd tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Transvalia kon ’n mens dadelik die verskil tussen hierdie twee o.14 spanne opmerk.
Transvalia se jong manne was fisies baie groter as Gimmies se jong span en was ook groot van gees teenoor die Gimmie-span wat wel baie hart in hulle 36-10 nederlaag getoon het. ’n Toeskouer neffens die verslaggewer het ook met reg gevra wat hierdie seuns van Transvalia eet.
Die Transvalia ysters was al vroeg op die telbord toe Marnus Theunissen in die hoekie gaan druk het. Die losskakel, MC Dippenaar het ook sy skopskoene aangetrek vir Transvalia. Tyler Skudder was ook op agtsteman oortreflik vir die Vanderbijlparkers en het ‘n pragtige individuele drie gedruk.
Gimmies het hard probeer en die senterpaar, Morné Stafford en Liardt Redelinghuys, het ‘n paar goeie oomblikke in die wedstryd gehad. Die goeie nuus is dat Gimmies nou vorentoe met hierdie span kan bou en as alles in plek val kan ‘n Beeldtrofee-finaal volgende jaar ’n haalbare mikpunt wees.
Foto’s: Wouter Pienaar





























