SportSport

Hennie Aucamp skitter vanaf Marydale

Prokureur Hennie Aucamp van Mooirivier Resiesduif klub, het uiteindelik sy skitternaweek gehad, vanaf Marydale waarvoor hy die hele seisoen baie hard gewerk het. Sy jaaroudduiwe het behoorlik huistoe gejaag oor die afstand van 575km, om hom trots temaak met plekke 1,2 en 4! Fanie en Louise eindig hier in plekke 1 en 3. In die …

Prokureur Hennie Aucamp van Mooirivier Resiesduif klub, het uiteindelik sy skitternaweek gehad, vanaf Marydale waarvoor hy die hele seisoen baie hard gewerk het. Sy jaaroudduiwe het behoorlik huistoe gejaag oor die afstand van 575km, om hom trots temaak met plekke 1,2 en 4! Fanie en Louise eindig hier in plekke 1 en 3. In die opeafdeling wen Yster Schlebusch sy agste wedvlug van die seisoen! Riaan Grobler is tweede, Arrie Marais derde en Suidwester Willem Moolman vierde en vyfde.

Met slegs die Derbywedvlug oor vir die jong duifies volgende week, is Fanie & Louise(770) nou 98 punte voor Schlebusch se 672. Dit gaan ’n  reuse poging van Schlebusch verg as hy Fanie & Louise wil vang in die jaaroud punte. Dit kan die verrassing van die seisoen wees. Aucamp het nou welverdiend opgeskuif in die derde plek met 616. In die opeafdeling Schlebusch egter gemaklik voor met 968. Moolman is tweede met 701 en Arrie Marais derde met 572.

By P.P.K. vlieg Kiewiet Marais sy sesde wen in die jaaroud afdeling en sy tiende van die seisoen. Ongelooflik! Die man sal vanjaar moeilik van die unietitel af weggehou word. Hys nou reeds voor met 9176 punte teenoor Schlebusch se 5475. Marais eindig ook hier tweede by die jaarouds met Salty & Lettie derde, Sarel Naude vierde en Faan de Beer vyfde. In die opevlug wen Salty & Lettie welverdiend hulle vyfde opewedvlug van die seisoen. Hulle behaal ook die vierde plek hier. Marais eindig hier tweede en derde terwyl Sarel Naude vyfde eindig.

Volgende week se Derbywedvlug vanaf Richmond(604 km) sal die laaste vir die Jaaroudafdeling wees alhoewel die jonges nog gebruik sal kan word in die opeafdeling. Na die wedvlug sal ook kan bepaal word wie vanjaar se jaaroudafdeling wen asook wie as middelpadkampioen gekroon gaan word. Die middelpad kampioen word bepaal vanaf week 7 tot 12. Vanaf week 13 tot 18 word die langpadkampioen beslis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button