SportSport

Gordon maak Saterdag sy Luiperdsbuiging

Die Leeuvleuel Dean Gordon maak Saterdag op Olënpark sy buiging vir die Luiperds wanneer hulle in ‘n herhaling van verlede jaar se Eersteliga-eindstryd teen die Suidwestelike Distrikte te staan kom. Gordon, wie vanjaar 20 drieë in die Piratesliga en vier drieë vir die Leeus se Amateurspan teen die Valke gedruk het, begin op regtervleuel in ‘n …

Die Leeuvleuel Dean Gordon maak Saterdag op Olënpark sy buiging vir die Luiperds wanneer hulle in ‘n herhaling van verlede jaar se Eersteliga-eindstryd teen die Suidwestelike Distrikte te staan kom.

Gordon, wie vanjaar 20 drieë in die Piratesliga en vier drieë vir die Leeus se Amateurspan teen die Valke gedruk het, begin op regtervleuel in ‘n agterlyn wat die drieë in die liga inryg.

Dit is ook die eerste keer in die kompetisie dat die Luiperds al drie hul kapteins tot dusver inspan met die kapteinsmantel wie steeds op die agtsteman Jeandré Rudolph se skouers rus.

Juan Language is terug in die tuig nadat hy die span in hul eerste wedstryd teen die Grens op die veld gelei het en Marno Redelinghuys is terug op die bank.

Die afrigter Jonathan Mokuena het besluit om sy sterflank HP Swart en ‘n aantal ander voorspelers te rus.

Chukkie van der Westhuizen is die beginhaker teen die Arende en Stairs Mhlongo begin weer op slot.

Die staatmaker-skrumskakel Malherbe Swart is ook herroep en sy ervaring kan goud werd wees.

Luiperds teen SWD: Jaco Hayward; Dean Gordon, Juffrou Vermeulen, Johan Deysel (kaptein), Bradley Moolman; Gene Willemse, Malherbe Swart; Jeandré Rudolph ©, Loftus Morrison, Juan Language, Francois Robertse, Stairs Mhlongo, Panda Dekker, Chukkie van der Westhuizen, Roan Grobbelaar. Reserwes: Wilmar Arnoldi, Kabelo Motaung, Danie Jordaan, Marno Redelinghuys, Cheese September, Sandile Khubeka, Ryno Wepener.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button