Marais en Schlebusch oorheers die kompetisie
In Potchefstroom maak verlede jaar se onderskeie klubkampioene van PPK en MRK, Kiewiet Marais en Johan Schlebusch, behoorlik “duiwe mincemeat” van hulle klubmaats met net nog drie weke oor van die vliegseisoen. In die afgelope drie weke het Marais sy wenne na 15 en Sclebusch syne na 10 verhoog in 16 weke. In week 13 …

In Potchefstroom maak verlede jaar se onderskeie klubkampioene van PPK en MRK, Kiewiet Marais en Johan Schlebusch, behoorlik “duiwe mincemeat” van hulle klubmaats met net nog drie weke oor van die vliegseisoen.
In die afgelope drie weke het Marais sy wenne na 15 en Sclebusch syne na 10 verhoog in 16 weke. In week 13 in die wedvlug vanaf Victoria Wes (648km) wen Marais van P.P.K. beide wedvlugte en Johan Siebert wedvlug 1 en Schlebusch wedvlug 2 by M.R.K. Die junior Johan Siebert is tydens dié wedvlug op almal se lippe, aangesien hy maar nog net ‘n skrale 10 jaar oud is.
In die wedvlug vanaf Drie Susters (656km) vlieg oud skoolhoof Faan de Beer voor in vlug 1 en Marais in vlug 2. By klub MRK wen Schlebusch sy tiende wedvlug en oud Klerksdorper, Riaan Grobler sy tweede van die seisoen.
In die afgelope naweek sit die weer en veral die reën die duiweboere behoorlik ore aan vanaf die Karoodorp Beaufort-Wes (763km) en kan die geveerde vriendjies eers om 9:00 losgelaat word.
Dit veroorsaak ‘n oornag vlug met net die vinniger duiwe reeds Saterdagaand by die huis. In die vlug 1 vlieg jongman Johan Siebert sy tweede wen en pa Stefan Siebert wen die tweede wedvlug om die Saterdag ‘n baie spesiale dag in die huishouding van die Sieberts temaak. Kiewiet en Christo van P.P.K. maak dit weer ‘n dubbel soos gewoonlik.
Marais het vanjaar so skitterend gevlieg dat hy die ou ervare manne in beide klubs na beginners laat lyk het. Dit wys die WPU kampioen punte totale na 15 weke. Kiewiet & Christo 11 216, Schlebusch 7 494, Rooikraal (Roelf van Aswegen) 6 462, Saltie & Lettie 5 978 en Fanie & Louise 5 712. In die laaste drie weke het veral Fanie & Louise beïndruk met sy 900 punte wat hy bymekaar gemaak het in die unie.



