SportSport

Gimmies se krieketspanne presteer op die kolfblaaie

Potchefstroom Gimnasium kan met reg spog met ‘n algehele puik vertoning tot op datum in die verskillende NW-krieketligas. Gimmies is die enigste skool in Noordwes wat in al ses die ligas speel (speel met sewe spanne) en boonop in al ses hierdié NW-ligas se semi-finale speel. Die 1ste, 2de, o.15A-en o.15B-spanne speel in die Superliga. …

Potchefstroom Gimnasium kan met reg spog met ‘n algehele puik vertoning tot op datum in die verskillende NW-krieketligas. Gimmies is die enigste skool in Noordwes wat in al ses die ligas speel (speel met sewe spanne) en boonop in al ses hierdié NW-ligas se semi-finale speel. Die 1ste, 2de, o.15A-en o.15B-spanne speel in die Superliga. Die 3de, 4de en o.15C-spanne speel in die Potch-liga. Daar is slegs twee Potch-ligas. Gimmies se 3de span is die wenner hiervan en die 4des is die naaswenners. Die o.15C-span is ook die Potch-ligawenners.
Van die 33 Noordwes ligawedstryde wat tot op datum gespeel is, verloor Gimmies slegs vier. Die uitslae van die semi-finale is: 1ste span wen teen Rustenburg met 9 paaltjies, 2de span wen teen Matlosana met 174 lopies, o.15A wen teen KHS met 63 lopies en o.15B verloor teen Rustenburg met 100 lopies. In die 1ste span se wedstryd die afgelope naweek op die Gimmie Oval teen Rustenburg is laasgenoemde vir 156 lopies uitgeboul, Vernon Charslund het 5 paaltjies platgetrek. Gimmies slaan die wenlopies met slegs 1 paaltjie plat, met Marco Jansen wat 73 onoorwonne lopies bygedra het en Vernon Charslund wat 59 lopies aangeteken het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button