Titels wink vir stad se rolbalklubs
Ten minste drie rolbaltitels wink vir die stad se rolbalklubs. Die laaste ronde van die mans Premierliga vind Saterdag by die Potchefstroom Rolbalklub plaas met die klub se span wat voorloop in die liga. Die span wat bestaan uit Pikkie Abbott, Pierre Breitenbach, Jean du Plessis, Ronnie Palmer en Smittie Smith kom teen Parys te …

Ten minste drie rolbaltitels wink vir die stad se rolbalklubs. Die laaste ronde van die mans Premierliga vind Saterdag by die Potchefstroom Rolbalklub plaas met die klub se span wat voorloop in die liga. Die span wat bestaan uit Pikkie Abbott, Pierre Breitenbach, Jean du Plessis, Ronnie Palmer en Smittie Smith kom teen Parys te staan. Die ander twee wedstryde is tussen Klerksdorp 1 teen Fochville en Klerksdorp 2 teen La Farge. Die wedstryde begin om 09:00 en behoort rolbal uit die heel boonste rakke op te lewer.
Die klub se vrouespan (Rose du Plessis, Brenda Palmer, Elly van Dijk, Minnie Swart en June Celliers) wat in die Eersteliga speel, vertoon baie goed in die liga en die kans is goed dat hulle die liga kan wen om weer volgende seisoen in die Premierliga te speel.
Die Buiteklub se span 1 in die mans Eersteliga wat bestaan uit Ian Nieuwoudt, Chris en Michael de Witt, Jabu Nkosi en Meshack Kali is ook goed geplaas in daardie liga en kan met volgehoue goeie spel in Sondag se uitspele presteer. Die uitspeelwedstryde vind Sondag by Klerksdorp rolbalklub plaas.



