SportSport

Nog ‘n rolbaltitel in die sakkie vir Pierre

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het sy tweede enkelspeltitel vir die seisoen gewen. Hy het die finaal van die Kampioen van kampioene teen Klerksdorp Rolbalklub se Tinus Crous gewen. Die toernooi, waar die onderskeie klubs in die provinsie se kampioene uitspeel, het verlede naweek by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind. Drie van die finaliste het …

Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub het sy tweede enkelspeltitel vir die seisoen gewen. Hy het die finaal van die Kampioen van kampioene teen Klerksdorp Rolbalklub se Tinus Crous gewen.

Die toernooi, waar die onderskeie klubs in die provinsie se kampioene uitspeel, het verlede naweek by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind.

Drie van die finaliste het uit die KOSH-gebied gekom: twee van Klerksdorp Rolbalklub en een van Strathvaal met Breitenbach die enigste een uit die stad.

In die vrouefinaal het Jillan Booth van Klerksdorp te staan gekom teen Helen Jansen van Strathvaal. Jansen het maklik gewen.

In die mans finaal het Crous, ‘n voormalige Kampioen van kampioene, goed weerstand gebied teen die Protea, Breitenbach, maar Breitenbach se vermoë om volgehoue druk toe te pas het hom as wenner uit die stryd laat tree.

Die president van Noordwes Rolbal, Ronnie Palmer, was baie beïndruk met die standaard van die rolbal oor die drie dae wat die toernooi geduur het.

Die volgende toernooi is die Meesters, waar topspelers genooi word om deel te neem. Die toernooi vind op 22 en 23 Julie by die Klerksdorp Rolbalklub plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button