SportSport

NWU moet sake regstel teen UJ hierdie Maandag

Die NWU se Varsitybekerspan het Maandagaand in Kaapstad teen UCT-Ikeys vinnig terug aarde toe gekom toe hulle met 18-15 vir die eerste keer in vanjaar se kompetisie verloor het. Dit was definitief een van die verrassendste uitslae van die week se Varsitybekeraksie veral nadat die NWU in hulle eerste wedstryd gemaklik vir CUT geklop het. …

Die NWU se Varsitybekerspan het Maandagaand in Kaapstad teen UCT-Ikeys vinnig terug aarde toe gekom toe hulle met 18-15 vir die eerste keer in vanjaar se kompetisie verloor het.
Dit was definitief een van die verrassendste uitslae van die week se Varsitybekeraksie veral nadat die NWU in hulle eerste wedstryd gemaklik vir CUT geklop het.
Dit was ‘n frustrerende aand vir NWU afrigter, Jonathan Mokuena wat glo dat sy span se loslootjie verlede week die manne effens verroes gelaat het teen Ikeys.

“Ons het glad nie ‘n goeie eerste helfte gehad nie en dit het ons op die ou einde seergemaak. Dit was bitter moeilik om momentum in daardie eerste helfte te kry. Wat my ongelukkig gemaak het is dat ons dissipline nie die beste was nie. Dit is belangrik om hard te werk en die regte ingesteldheid van die eerste minuut af te hê,” het Mokuena genoem.

Hy was wel baie tevrede met die tweede helfte se vertoning, maar op die ou einde was die agterstand te groot om in te haal met die Ikeys wat van begin tot einde die voortou op die telbord gehad het. Die NWU se puntemakers was Walt Steenkamp en Dean Stokes wat drieë gedruk het, met losskakel Schalk Hugo wat ‘n doelskop en strafdoel oorgeklits het.

Die NWU sal ook vinnig vir ‘n ommekeer moet sorg omdat hulle hierdie Maandag, 19 Februarie ‘n groot tuiswedstryd teen UJ het waar hulle weer aan die wenkant sal moet eindig.
“Daar is nie kommer in ons kamp nie en ons sal net weer die ouens moet regkry hierdie week vir die UJ-wedstryd. UJ gaan ’n taai wedstryd wees, maar ek glo die ouens het uit hulle foute geleer en sal dit Maandag wil regstel,” het Mokuena bygevoeg.
Tans is daar twee beserings wat in die NWU-kamp lol, met Gideon van der Merwe en Matima Manganyi wat moontlik die wedstryd teen UJ kan misloop.
Die wedstryd teen UJ skop om 19:00 op die Fanie du Toit Sportgronde af.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button