SportSport

NWU-Puk 1 te sterk vir Potch Dorp

Dit was ‘n klubrugbyfees soos min die afgelope Saterdag (9 Februarie) toe die oudste rugbyklub in die ou Transvaal, Potch Dorp, die gasheer vir die Luiperds Presidentliga was. Vir die eerste keer sedert die draai van die 21ste eeu, het Potch Dorp Rugbyklub vir die NWU-Puk in ‘n amptelike ligawedstryd aangevat, terwyl Klerksdorp Rugbyklub se …

Dit was ‘n klubrugbyfees soos min die afgelope Saterdag (9 Februarie) toe die oudste rugbyklub in die ou Transvaal, Potch Dorp, die gasheer vir die Luiperds Presidentliga was.
Vir die eerste keer sedert die draai van die 21ste eeu, het Potch Dorp Rugbyklub vir die NWU-Puk in ‘n amptelike ligawedstryd aangevat, terwyl Klerksdorp Rugbyklub se eerstespan ‘n opskudding veroorsaak het om Rustenburg Impala te klop.
Die NWU was net te sterk en te geolie vir ‘n gedugte Potch Dorp span en het met ‘n telling van 48-13 geseëvier. Die NWU se drieë was danksy Wihan von Wielligh (3), DeWet Terblanche (2), Rehann Beaumann, Rouxbann Beaumann en Jandré Joubert.

Potch Dorp onder die leierskap van die Luiperdspeler, HP Swart, het wel al van vroeg af spiere gewys en die voortou na 15 minute behou.
Die voormalige Volkie,en Potch Dorp linkervleuel Victer Vlok het vir vuurwerke gesorg toe hy met ‘n uitstekende blitslopie elke Puk verdediger vermy het om die tweede drie van die wedstryd te gaan druk. Die nadat Puk 1 se Rehann Beaumann die telbord vir die studente oopgemaak het.
Op die ou einde het die NWU hulle klas gewys met ‘n oortuigende wen, danksy goeie spanspel en ‘n paar briljante individuele vertonings van Wihan von Wieligh wat ‘n driekuns aangeteken het.
Tans in die eerstespan Presidentliga is die NWU voor op 5 punte, gevolg deur Klerksdorp op 4, Impala op 2 en Dorp op 0.
* In die ander eerstespan-wedstryd het Klerksdorp vir Impala met 17-14 geklop in ‘n naelbytstryd wat almal op die punte van hul stoele gehou het. Boela Abrahams se span kon hulle blydskap nie hou nie en het mekaar luidkeels na die oorwinning teen die kragtige Impala omhels.

Hierdie naweek speel Dorp en NWU in Rustenburg in die tweede rondte van die Luiperds se Presidentliga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button