SportSport

One on One: Junior Mathe

Gimmies se belowende jong krieketster, Junior Mathe, is besig om reuse spronge in sy krieketspel te maak nadat hy vir die Lions Cubs krieketgroep (o.19) gekies is.

Gimmies se belowende jong krieketster, Junior Mathe, is besig om reuse spronge in sy krieketspel te maak nadat hy vir die Lions Cubs krieketgroep (o.19) gekies is.
Hierdie is ‘n gesogte prestasie aangesien Junior nog steeds in Graad 10 is en alreeds vir die spanne hoër as sy ouderdomsgroep speel. Die Lions Cubs word gekies na afloop van die Khaya Majola nasionale krieketweek wat spelers van Noordwes en Gauteng insluit. Vanjaar het die Lions Cubs die titel gewen en vir Junior was dit ‘n besondere ervaring.

“Dit was vir my ‘n baie interessante week gewees omdat ek ‘n youngster was in die span en nie baie speelkans gekry het nie. Ek het baie geleer, wat ek in my krieket kan toepas,” het hy gesê.
Junior kolf links en boul ook linkerarm draaiballe vir sy skool se eerste krieketspan. Van jongs af was krieket sy passie wat hy by Saints Christian School onder die leiding van Ché Williams verder geneem het.

“Ek is gelukkig dat ek al vandat ek o.11 is vir NW-krieketspanne gekies is. Op hoërskoolvlak speel ek ook al NW van o.15-o.17 af en ek geniet daardie blootstelling teen meer senior spelers. Ek onthou dit was vir my ‘n uitdaging om ‘n bouler soos Marco Jansen (huidige SA-A speler en voormalige Gimmie), wat vinnig boul aan te vat, maar later met genoeg oefening leer ‘n mens hoe,” vertel hy.

Junior se nuuskierigheid en wil om meer oor die spel te leer spoor hom aan om te verbeter aangesien hy alreeds so twee jaar gelede vir ‘n SA o.17 ontwikkelingsspan gekies is. “My broer, Tshepo Mathe, het ook vir Gimmies gespeel en dit het my gemotiveer om in sy voetspore te volg en hom en die skool trots te maak. Ek het geweet ek gaan ook eendag vir Gimmies kan speel.

Krieket is vir my ‘n groot droom en as ek verder kan vorder sal dit ongelooflik wees.” vertel Junior.

•Beste boulsyfers: 8/23 in 10 boulbeurte teen Kempton Park vir Gimmies o.15
• Beste kolfbeuurt: 161 (123 balle) vir Ikageng Krieketklub teen Volkies (2de span).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button