SportSport

Die Dinsdagaand toe die Engelse Rose die Luiperds aangevat het

Talle van Engeland se spelers wat in hierdie wedstryd in Potchefstroom uitgedraf het, sou slegs drie jaar later die Rugby Wêreldbeker ook lig.

Die tradisieryke velde van Olënpark het al talle geskiedkundige wedstryde opgelewer.

Min was wel so interessant soos die internasionale toerwedstryd tussen die Luiperds en Engeland in Junie 2000.
Twee dekades gelede het die Engelse Rose hulself in Potchefstroom vir ‘n klipharde kragmeting teen die Luiperds bevind.

Die Luiperds, wat toe deur James Stoffberg afgerig is, het ook vreemd genoeg blou truie gedra wat van die tradisionele donkergroen en rooi afgewyk het.
Die kleurverandering het duidelik nie gehelp nie, aangesien die Luiperds teen die Rose klei getrap het.

Die Engelse het op die ou einde die wedstryd met 52-22 beklink. Derek Lloyd, Ben Clarke, Josh Lewsey en Dan Luger was onder Engeland se driedrukkers. Die Luiperds se kaptein, Basil de Coning, het die enigste drie vir die tuisspan gedruk.

Verder het Roland de Marigny vyf strafdoele en ‘n doelskop deur die pale geklits. De Marigny het later ook vir Italië in internasionale toetsrugby verteenwoordig.

Ander bekende Luiperds wat in hierdie wedstryd gespeel het was Willem Stoltz, Werner Lessing, Bloues Volschenk, Rudi Muller, Casper Oosthuizen en Eben Verster, wat tans in Potchefstroom by die Luiperds as fisioterapeut betrokke is.

Talle van Engeland se spelers wat in hierdie wedstryd in Potchefstroom uitgedraf het, sou slegs drie jaar later die Rugby Wêreldbeker ook lig.

Dink maar aan manne soos, Dan Luger, Josh Lewsey, Will Greenwood, Joe Worsley, Leon Lloyd, Steve Borthwick, Phil Greening en so meer. Hulle was op Olënpark daardie onvergeetlike Dinsdagaand net voor die eerste toets wat die komende Saterdag op Loftus sou plaasvind.
Engeland het die eerste toets teen die Springbokke met 18-13 verloor, voordat hulle die tweede toets met 27-22 in Bloemfontein gewen het.
Internasionale spanne wat op Olënpark uitdraf is die afgelope paar jaar so skaars soos hoendertande, aangesien daar nie meer gereeld toerwedstryde teen provinsiale spanne gespeel word nie.
Tog sal dit lekker wees om ‘n paar oorsese spanne weer in Potchefstroom te huisves!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button