SportSport

Foto’s: Atlete woeker by ACNW se eerste byeenkoms vanjaar

Bekende NWU gesigte soos Mpho Links (hoogspring), Ané Rautenbach (600m), Lente Pieterse (300m), en Johan Stadler (300m) het ook goed gevaar op die dag.

Atletiek Sentraal Noordwes (ACNW) het die afgelope Dinsdag, 16 Februarie die baan letterlik en figuurlik vir 2021 oopgemaak met die eerste baan- en veldbyeenkoms vir die jaar.

Daar was groot belangstelling onder die atlete in die aanloop tot die byeenkoms by die McArthur-stadion nadat Atletiek Suid-Afrika vroeër dié maand die groen lig gegee het vir atletiek om onder streng Covid-19 maatreëls in vlak 3 voort te gaan.

Foto’s: Wouter Pienaar

Op die baan en veld het die ywerige atlete vanaf junior, skole en senior vlak nie teleurgestel nie en bewys dat daar baie talent in Suid-Afrika is met talle skole en universiteite se atlete wat aan die ope byeenkoms deelgeneem het. Bekende NWU gesigte soos Mpho Links (hoogspring), Ané Rautenbach (600m), Lente Pieterse (300m), en Johan Stadler (300m) het ook goed gevaar op die dag.

Op skolevlak was die Gimmie, Liané Nel (150m vir dogters o.15), Ferdies se Theo Maass (60m vir seuns o.13) sowel as Laerskool Mooirivier se Lizé van Zyl (60m vir dogters o.13) van die top uitblinkers onder vele ander op die dag.

Volgens Atletiek Sentraal Noordwes se president, Jean Verster, het die byeenkoms goed verloop met atlete wat in groepe op ‘n rotasiestelsel stadion betree het, sodat die limiet van 250 nie oorskry word nie. 

“Ons het Dinsdag oor die 700 atlete gehad en ons rotasie manier het goed gewerk met nie meer as 150 atlete op een slag in die stadion nie. Ons behoort volgende keer meer afrigters toe te laat,” noem Verster. 

Die volgende byeenkoms sal op Dinsdag, 23 Februarie plaasvind en inskrywings is alreeds oop by Entry Ninja. 

Sien die volledige uitslae hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button