SportSport

VIDEO: ACNW-atleet breek sy gewrig nadat opponent hom op eindstreep laat val

Een van ACNW se top middelafstand-atlete, Luan Munnik, was die afgelope naweek tydens die SA atletiekkampioenskappe in ‘n kontroversiële 1500m finaal wedloop betrokke waar hy net voor die eindstreep gepootjie is en geval het.

Een van ACNW se top middelafstand-atlete, Luan Munnik, was die afgelope naweek tydens die SA atletiekkampioenskappe in ‘n kontroversiële 1500m finaal wedloop betrokke waar hy net voor die eindstreep gepootjie is en met die val sy gewrig gebreek het.

‘n Atleet van Sentraal Gauteng, Maxime Chaumeton, het teen Munnik vasgehardloop, hom gepootjie, en sodoende gekeer dat Munnik ‘n derde plek behaal. Na appél is Chaumeton gediskwalifiseer en Munnik is ‘n bronsmedalje toegeken. Munnik was een van die gunstelinge nadat hy ‘n eerste plek in die uitdunne behaal het.

Volgens sy afrigter, Jean Verster, het Munnik harsingskudding en ‘n gebreekte gewrig na die val opgedoen.

“Dit is ‘n slegte breuk met die beentjies in sy gewrig wat geskuif het. Luan gaan Woensdag in vir ‘n operasie.  Ons het gevra dat die atleet geskors word. Ons hoop ons kan dit verder vat en ons dink ook om hom (Chaumeton) vir die mediese kostes te dagvaar. Hy het ook vroeër probeer om ander atlete te trip,” vertel Verster.

Kyk die video van Munnik se val hier: (Video: Twitter)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button