SportSport

Dorp se spoedvraat in Potch gewortel

Victer Vlok is in Potchefstroom gebore en is ‘n alumni van beide Laerskool M.L. Fick en Hoër Volkskool Potchefstroom.

Soos blits is Potch Dorp se linkervleuel, Victer Vlok, weer verby een van sy opponente op pad na die drielyn toe. Dit is een van die bekende temas in vanjaar se Neserliga waar Vlok al vier drieë vir sy span in twee wedstryde gaan druk het.

‘n Driekuns teen Ikageng en een teen Westonaria was vir Potch Dorp soos goud werd en die kanse is goed dat hierdie vlugvoetige vleuel nog ‘n paar in sy arsenaal het.

“Ek hou baie van onderskep drieë, want dan voel ek soos Bryan Habana,” noem Vlok, of Vlokkie, soos sy spanmaats hom ken. Vlok is in Potchefstroom gebore en is ‘n alumni van beide Laerskool M.L. Fick en Hoër Volkskool Potchefstroom.

Hy het vanaf bulletjie rugby tot graad 11 skrumskakel gespeel voordat hy in sy matriekjaar spesifiek op sy atletiek gefokus het. Dit het vrugte afgewerp, want hy het toe vir die SA Skole en ASA Atletiekkampioenskappe in die 100m item gekwalifiseer.

Sedert einde 2018 bevind Vlok hom op die rugbyveld in ‘n opwindende Potch Dorp span.

“Ek het aan die einde van 2018 begin om 7’s rugby vir Potch Dorp te speel en in 2019 my eerste 15 man rugby vir Potch Dorp begin speel. Ek het dit nog altyd geniet om rugby te kyk en te speel en wou ‘n kans vat om te kyk hoe ver ek in rugby kon kom. “Ek geniet klubrugby omdat dit ‘n geleentheid skep om nuwe mense te ontmoet en om my dorp te verteenwoordig,” vertel hy trots. F

amiliewaardes is iets wat Vlok hoog ag en noem dat sy pa sy grootste rolmodel is. “My pa het altyd gesê: “As jou hart en kop op die regte plek is, is niks onmoontlik nie.”

Vlok werk tans by die Akker Koffiehuis en sal graag sy studies in MBW Sportkunde wil voltooi. Verder oefen hy in sy vrye tyd aan sy atletiek. “Ek het ‘n talent om ander mense te laat lag, grappe te vertel en mense te na-aap.

Ek geniet dit ook om in die natuur te wees, soos die Kruger Nasionale Park,” vertel die 23-jarige. “Ek is dankbaar dat die Here my ‘n talent gegee het om te gebruik en dat my vriende en familie my altyd ondersteun en daar is vir my.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button