SportSport

Ikeys klop NWU ten spyte van terugvegpoging

Die NWU het wel twee bonuspunte uit die wedstryd gekry en dit sal handig te pas kom in hulle laaste twee moet wen wedstryde.

Al het die NWU drie drieë in die laaste 20 minute gedruk was die terugvegpoging net te laat teen die Universiteit van Kaapstad se Ikeys wat met 42-36 koning gekraai het in vanaand (Donderdag, 20 Mei) se Varsitybekerstryd.

Ikeys het die hele wedstryd voorgeloop en het genoeg gedoen in die eerste 60 minute van die stryd om vir hulself ‘n halfeindstrydplek te bespreek.

Die NWU sal nou alles moet insit en hulle finale twee wedstryde teen UJ en CUT-Ixias moet wen om die halfeindrondtes te behaal.

Foto’s: Catherine Kotze

Ikeys het sake alreeds moeiliker gemaak toe hulle ‘n 19-0 voorsprong in die eerste 20 minute behaal het. James Tedder en Rethabile Louw het vir UCT oorgeduik. Dit was noodsaaklik dat die NWU vinnig op die telbord kom en die losvoorspeler, Jandré de Beer het dit met ‘n flink stuk werk na ‘n losgemaal bewerkstellig.

NWU loskopstut Botter Moloto het ‘n tweede drie net voor halftyd gaan druk om die gaping na 10-22 by halftyd te vernou. Die manne van Kaapstad het die eerste skote in die tweede helfte gevuur met die slot, Connor Evans, wat sy span se derde drie druk.

Die NWU het nie tou opgegegooi nie en kort daarna in die 48ste minuut druk, Sampie Swiegers, vir die Potchefstromers om die telling na 29-17 te bring. Vyf minute daarna is die NWU se doppie geklink toe die Ikeys se Byron Bowes sy span se bonuspuntdrie gaan druk.

Al het Jandré de Beer, André Fouché en Sylvester Hassien goeie veggees met hulle drieë gewys en die telling in die laaste 20 minute vernou, was dit nie genoeg om Ikeys te klop nie. Die NWU het wel twee bonuspunte uit die wedstryd gekry en dit sal handig te pas kom in hulle laaste twee moet wen wedstryde.

NWU: 36 (10) Driee: Jandré de Beer (2), Sylvester Hassien, André Fouché, Botter Moloto, Sampie Swiegers Doelskoppe: Nivan Petersen (2), Marco Donges (2)

UCT-Ikeys: 42 (22) Driee: James Tedder, Connor Evans, Byron Bowes, Rethabile Louw Doelskoppe: James Tedder (4) Strafskoppe: James Tedder (4)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button