SportSport

Potch Dorp wen Neserliga-titel en breek agt jaar trofeedroogte

Potch Dorp kan nou na 'n uitdagende seisoen die Neserliga omhoog hou.

Potchefstroom Dorp Rugbyklub is die 2021 Neserliga-kampioene nadat hulle vir Ikageng Rugby Development Club met 38-22 op Olenpark in die eindstryd vandag (19 Junie) geklop het.

Dit was ‘n skouspel van klubrugby met klomp drieë wat gedruk is en positiewe aanvallende spel wat oor die 80 minute plaasgevind het.

Potch Dorp het meeste van die wedstryd gedomineer en was op ‘n stadium met 31-3 voor in die tweede helfte nadat hulle ‘n 21-3 voorsprong teen halftyd gehad het.

Luiperds president, Mervyn Taylor, gee die Neserligabeker vir Potch Dorp kaptein, Llewellyn Ellis.

Ikageng het op die einde vir ‘n paar senuweagtige oomblikke gesorg om die telling na 31-22 te bring en gewys dat hulle nie net tou opgooi nie. 

Potch Dorp het wel op die ou einde te veel skietkrag gehad en het verdien om die trofee vir die eerste keer sedert 2013 te wen.

Dit was ook gepas toe die laaste speler in Potch Dorp se span wat in 2013 die liga gewen het, Doynton Berry, die eer kry om die die laaste drie voor die pale te verdoel. Die vaskopstut skop die bal deur die pale en Potch Dorp kan feesvier.

Potch Dorp Rugbyklub vier hulle Neserliga-oorwinning. Foto: Mario van de Wall.

Hou potchefstroomherald.co.za dop hierdie week vir die volle wedstrydverslag en reaksie van die spelers. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button