SportSport

Coertzen op pad na Katar

Coertzen se bydrae tot atletiek en veral die tienkamp gaan moeilik geëwenaar word en SA se verlies aan kundigheid is beslis tot gunste van atletiek in Katar.

Willem Coertzen, die voormalige Olimpiese tienkamp atleet en SA rekordhouer in die tienkamp vir mans met 8 398 punte, gaan nou in Katar atletiek afrig.

Coertzen het ‘n gulde geleentheid gekry om atlete in die Midde-Ooste by die Katar Atletiek Federasie touwys te maak en ‘n nuwe generasie aan die tienkamp en al die relevante items bekend te stel.

Coertzen het reeds Dinsdag, 28 September gevlieg, met sy vrou, Odette, en twee kinders wat hom dan later aan die einde van die jaar daar sal inburger.

Willem Coertzen het ‘n spesiale gedenkstuk vanaf NWU atletiek ontvang. Hier is hy saam met sy vrou, Odette Murray. Foto: Wouter Pienaar

Hierdie SA atleet het in Potchefstroom sy hand by die NWU gesit en het ook die afgelope paar jaar in beheer van sport by Gimmies gewees.

Hy het ook atletiek afgerig en ‘n paar atlete na groot hoogtes geneem. Coertzen het ook self as atleet aan die 2012 en 2016 Olimpiese Spele deelgeneem.

Coertzen se bydrae tot atletiek en veral die tienkamp gaan moeilik geëwenaar word en SA se verlies aan kundigheid is beslis tot gunste van atletiek in Katar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button