SportSport

Voormalige Gimmie behaal beste toetsboulsyfers

Jansen behaal sy eerste vyftal aan paaltjies in toetskrieket op die Oval teen Engeland in die derde toets.

Marco Jansen, die oud-Gimmie krieketkaptein en Protea snelbouler het vanoggend teen Engeland in die derde toets op die Oval sy beste boulsyfers in toetskrieket behaal.

Jansen het met syfers van 5/35 in 12.2 boulbeurte gespog om Engeland tot 158 almal uit te beperk.

Hy het ook Suid-Afrika met die kolf gehelp met ‘n goeie 30 (59) in moeilike omstandighede in hulle eerste beurt totaal van 118.

In slegs 7 toetse het Jansen al 37 paaltjies geneem teen ‘n gemiddeld van 19.15, en 3.22 lopies per boulbeurt. Hy neem ook elke 35.6 balle ‘n paaltjie.

Dit is fantastiese syfers vir hierdie jong lang en lenige snelbouler wat krieketkenners aan die gons het.

Jansen en sy Proteas spanmaats sal graag hierdie derde beslissende toets van die reeks wil wen en sal in die tweede beurte met beide kolf en bal hulle beste gee teen ‘n Engelse span met dieselfde doel voor oë.

Die Proteas is tans 96/4 in hulle tweede beurt met ‘n 56 lopie voorsprong.

Marco Jansen het sy beste boulsyfers vandag in die derde toets op die Oval teen Engeland behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button