SportSport

Atlete skitter in Berts Bricks se SupaQuick Night Race

Christopher Swart is as die manswenner aangewys terwyl Hester Lombard die damestitel verower het. 

Berts Bricks Atletiekklub se SupaQuick Night Race wat op Woensdagaand, 19 Oktober aangebied is, het weer deelnemers van alle oorde gelok om aan hierdie fantastiese wedloop deel te neem.

Christopher Swart is as die manswenner aangewys terwyl Hester Lombard die damestitel verower het.

Zoli de Kock (tweede) en Lize Jansen (derde) staan die podium vol in die dameswedloop.

Thembekile Kupiso (tweede) en Mafika Ngidi (derde) is saam met Swart op die podium.

Volkies se Marizelle Meintjies is die eerste vroue stapper oor die lyn.

“Ons het ‘n baie suksesvolle wedloop op ‘n nuwe roete en met ‘n nuwe wegspringplek by die Snowflake-gebou aangebied. Graag wens ons die wenners baie geluk met hul uitstekende tye en ‘n groot dankie aan alle atlete wat kom deelneem het. Dankie ook aan ons borge en elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die geleentheid,” noem Berts Bricks Atletiekklub.

Die volledige uitslae is hier beskikbaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button