
Berts Bricks Atletiekklub se SupaQuick Night Race wat op Woensdagaand, 19 Oktober aangebied is, het weer deelnemers van alle oorde gelok om aan hierdie fantastiese wedloop deel te neem.
Christopher Swart is as die manswenner aangewys terwyl Hester Lombard die damestitel verower het.
Zoli de Kock (tweede) en Lize Jansen (derde) staan die podium vol in die dameswedloop.
Thembekile Kupiso (tweede) en Mafika Ngidi (derde) is saam met Swart op die podium.
Volkies se Marizelle Meintjies is die eerste vroue stapper oor die lyn.
“Ons het ‘n baie suksesvolle wedloop op ‘n nuwe roete en met ‘n nuwe wegspringplek by die Snowflake-gebou aangebied. Graag wens ons die wenners baie geluk met hul uitstekende tye en ‘n groot dankie aan alle atlete wat kom deelneem het. Dankie ook aan ons borge en elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die geleentheid,” noem Berts Bricks Atletiekklub.
Die volledige uitslae is hier beskikbaar