Potchefstroom Gimnasium se netbal en hokkiespanne het hulle stempel op tuisgrond afgedruk die afgelope naweek teen Hoërskool Trio van Kroonstad.
Gimmies se belowende o.14A seuns hokkiespan klop vir Trio gemaklik met 3-0. Die o.16A wen 2-1, terwyl die eerste span in ‘n taai tweestryd met 3-4 verloor.
Al Gimmies se dogtershokkiespanne, behalwe die o.15B span, klop vir Trio en HTS met gemaklike oorwinnings.
Gimmies se netbalspanne was ook kookwater met die eerste span wat met 23-14 teen Trio seëvier.
Die skaakspelers het aan die eerste poelwedstryd van die NWU-Prestige-sportreeks deelgeneem en Gimmies se naam hoog gehou.
Hier is die uitslae:
Seunshokkie:
o.14A Gimmies 3-0 Trio
o.16A Gimmies 2-1 Trio
1ste Gimmies 3-4 Trio
Dogtershokkie:
o.14A Gimmies 1-0 Trio
o.14B Gimmies 2-0 HTS Potch o.14A
o.15A Gimmies 9-0 HTS Potch o.16A
o.15B Gimmies 0-1 HTS Potch o.15A
o.16A Gimmies 5-0 Trio
1ste Gimmies 5-0 Trio
2de Gimmies 9-0 HTS 1ste
Foto’s: Wouter Pienaar
Netbal:
o.14A Gimmies 30-6 Trio
o.14B Gimmies 7-6 Trio
o.15A Gimmies 26-2 Trio
o.15B Gimmies 21-1 Trio
o.16A Gimmies 12-1 Trio
o.16B Gimmies 46-4 Trio
o.17A Gimmies 3-1 Trio
o.17B Gimmies 24-6 Trio
2des Gimmies 26-12 Trio
1stes Gimmies 23-14 Trio
Skaak:
Rondte 1 teen Marais Viljoen:
Juniors wen 5 – 0
Rondte 2 teen Heidelberg Volkskool:
Juniors wen 5 – 0
Rondte 3 teen Lichtenburg:
Juniors wen 5 – 0
Rondte 1 teenMarais Viljoen:
Seniors speel gelykop 2,5 – 2,5, maar verloor ongelukkig omdat Bord 2 verloor het.
Rondte 2 teen Heidelberg Volkskool:
Seniors wen 5 – 0
Rondte 3 teen Lichtenburg:
Seniors wen 4 – 1

























