SportSport

Plaaslike vegkunsklubs skitter by Noordwes kampioenskappe

Vanuit Potchefstroom was daar twee klubs wat deelgeneem het, en daar is studente van albei klubs wat die Noordwes span, in hul onderskeidelike gewigsafdelings, behaal het.

Ring Contact Fighting Art het op 11 Februarie vanjaar die Noordwes provinsiale kampioenskappe in Brits aangebied.

Vanuit Potchefstroom was daar twee klubs wat deelgeneem het, en daar is studente van albei klubs wat die Noordwes span, in hul onderskeidelike gewigsafdelings, behaal het.

RCFA Ice-Team (Afrigter: Shihan Etienne van Eeden) Tian van der Mescht (A-span) Kyle Saundis (A-span) Eben van Eeden (A-span)

RCFA Elite (Afrigter: Sensei Mark Ekron) Karlien du Plessis (A-span) Hardus du Plessis (A-span) Anja du Plessis (B-span) CG Steenkamp (B-span)

Hardus, Karlien en Anja du Plessis.
CG Steenkamp.

Ring Contact Fighting Art is ‘n unieke trotse Suid-Afrikaanse vegkuns, wat gebaseer is op die beginsels van boks, judo, stoei, karate en ballet. Die styl is bekendgestel deur Meester Joe Viljoen in 1984, en die eerste Jungle War toernooi is gehou in Mmabatho in 1993, dit was op daardie stadium die grootste toernooi wat nog ooit aangebied was in Suid Afrika vir Skopboks. Ring Contact Fighting Art is tans besig om te groei in Suid-Afrika en het verskeie klubs reg oor die land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button