Volkies se 1ste XV het Saterdag, 22 April, nog ‘n terugslag in die NWU Prestige reeks beleef.
In die halfeindstryd wat hulle teen Jeugland gespeel het, moes die Potchefstromers 24- 41 die knie buig.
Die NWU Prestige reeks het ‘n goei platform vir die manne in rooi gebied om hulle spankeuses te finaliseer ook om enige taktiese kwessies uit te stryk. Volkies sal beslis vir die tweede helfte van die seisoen beter vertonings lewer.


Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, was daar baie goeie dinge gewees om uit die wedstryd te vat.
“Ons maak elke week nuwe foute waaruit ons leer. Ons kry dit reg om met tye goeie Rugby te speel. Ons het vier drieë gedruk. Ons lynstane en skrums is baie goed,” het De Beer soor die wedstryd gesê.
Die volledige uitslae is soos volg:

Volkies speel teen Oosterlig in die reeks se finaal wat op 6 Mei op die Fanie du Toit sportgronde plaasvind.



