SportSport

Potch Dorp sy eie grootste vyand in Neser nederlaag

"Elke speler weet presies wat hy moet reg maak en wat ons as span moet doen vir die volgende wedstryde," het Jo Smith, hoofafrigter van Potch Dorp gesê. 

Potchefstroom Dorp Rugbyklub was Saterdag, 6 Mei, hulle eie grootste vyand toe hulle 26 – 17 teen Matlosana in die Vision Sports Neserliga die knieg moes buig.

Alhoewel Dorp dominant in die vaste fasette was, het hulle besluitneming op aanval veral in Matlosana se 22, hulle in die steek gelaat. Dorp se dissipline was ook nie goed op die dag gewees nie, hulle het met strafskoppe toegelaat dat Matlosana in die wedstryd bly.

Dorp het die eerste helfte die gebiedvoordeel geniet maar kon dit nie ten volle benut nie. Teen halftyd was hulle slegs 12 -3 voor alhoewel hulle ten minste drie keer in hulle opponente se kwartgebied gaan kuier het.

Matlosana se teenaanvalle was dodelik en die manne van Klerksdorp het die Potchefstromers in die losspel gestraf.

Volgens Jo Smith, hoofafrigter van Dorp, is daar harde werk wat voorlê.

“Elke speler weet presies wat hy moet reg maak en wat ons as span moet doen vir die volgende wedstryde,” het Smith gesê.

Dorp sit hulle veldtog komende Saterdag, 13 Mei, teen Stilfontein Hurricanes voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button