Gimmies se o.19 A dogterskrieketspan het ’n indrukwekkende 10-paatjie oorwinning teen Hoërskool Wesvalia behaal danksy ‘n onoorwonne 157-lopie vennootskap tussen Deidré van Rensburg en Tlotlo Bogatsu.
Van Rensburg slaan 53 (58 balle) en Bogatsu 53 (56 balle) om die teiken van 156 te haal. Wesvalia se boulers het ook 51 bylopies afgestaan.


Vroeër het Wesvalia se Ané Saunderson 86 van 48 balle gemoker om haar span op goeie dreef te sit. Dit was wel nie genoeg om Gimmies se kolwers te stuit nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



