SportSport

Volkies se o.14 krieketspan steeds onoorwonne

Volkies se o.14A krieketspan het die groepfase van die Noordwes T20 kompetisie onoorwonne afgesluit toe hul vir KHS oortuigend met 57-lopies verslaan het.

Volkies se o.14A krieketspan het die groepfase van die Noordwes T20 kompetisie onoorwonne afgesluit toe hul vir KHS oortuigend met 57-lopies verslaan het.

Hierdie wedstryd het op Dinsdag, 5 September by KHS plaasgevind.

Volkies kolf eerste en teken 164/5 aan met Juan van Niekerk wat ʼn blitsige 40 (25 balle) insluit. Jurgen Hesse sit sy goeie seisoen voort met ʼn goeie 28 (26 balle) terwyl Jonathan Vermaak ook met 31 (27 balle) uitblink.

KHS sukkel met die kolf en Volkies beperk hul tot 107/9 in 20 boulbeurte.

Tshiamo Sello neem 3/11 met Hesse wat 2/12 ook sy veelsydigheid wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button