SportSport

Botma se doele neem Ierse hokkieklub na titel

Pierre Botma, ‘n voormalige Potch Gimnasium hokkiester, se doele het verseker dat sy het sy Ierse span, Portrane Hockey Club, vir die eerste keer in geskiedenis die Neville Cup verower.

Pierre Botma, ‘n voormalige Potch Gimnasium hokkiester, se doele het verseker dat sy Ierse span, Portrane Hockey Club, vir die eerste keer in geskiedenis die Neville Cup verower.

Botma het Portrane Hockey Club in die finaal teen Clontarf op Dinsdag, 26 Desember 2023 verteenwoordig. Hy het twee doele in die finaal aangeteken.

Hierdie oud-NWU en Tukkies student bly tans in Ierland sedert September waar hy hokkie speel en ook afrig.

Die Herald het in Desember 2023 met Botma oor sy nuwe avontuur in Ierland gesels en hy het beaam dat hy dit baie genie ten dit as ‘n groot geleentheid sien.

Ek geniet elke oomblik hier in Ierland. Dit is ‘n goeie geleentheid by ‘n top klub. In die begin was dit moeilik om gewoond te raak aan die koue. Dit is ‘n baie groot uitdaging met werk, sowel as afrigting in die aande,” het hy genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button