Gimmies se 1ste XV het die moeilikste toets van hulle veldtog, Saterdag geslaag.
Die wedstryd teen Eldoraigne in Centurion was ‘n kragmeting tussen die twee voorste spanne in die liga. Dit het ook nie teleurgestel nie. Gimmies kon uiteindelik daarin slaag om die wedstryd 44 – 37 te wen.
Volgens Jacques Botes, hoofafrigter van Gimmies, was dit ‘n baie taai wedstryd.
“Hulle het hier aan die einde baie goed terug geveg, en het amper, amper weer gaan druk, dit kon maklik gelykop geeindig het. Dit was baie goeie rugby gewees,” het Botes verduidelik.
Dit was ‘n baie belangrike wen vir die Potchefstromers gewees, die oorwinning het verseker dat Gimmies ‘n tuis halfeindstryd sal kry.
Gimmies reis al Dinsdag Alberton toe om hulle finale rondomtalie wedstryd te speel.