SportSport

Volkies eindig Finsbury A-liga in vierde posisie na groot sege teen Kempies

Volkies het ‘n stewige 333/5 in 46 beurte opgestel danksy ‘n briljante 120 (117) van Riekert Kruger.

Volkskool Potchefstroom se eerste krieketspan het hulle Finsbury A-liga op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hulle Hoërskool Kempton Park met 137 lopies verslaan het.

Volkies het ‘n stewige 333/5 in 46 beurte opgestel danksy ‘n briljante 120 (117) van Riekert Kruger. AW van der Merwe se 86 (75 balle) en Schalk Pienaar se blitsige 71* (45 balle) help om die lopietempo na 7.2 lopies per boulbeurt te neem.

Kempies slaag daarin om net 196 almal uit in 37.5 boulbeurte aan te teken. Andries Venter met 2/31 en Pierre Joubert met 2/35 is die top boulers vir Volkies in ‘n goeie boulvertoning.

Volkies se o15A’s moes wel die knie buig met ‘n 5-paaltjie nederlaag teen Kempton Park in ‘n wegwedstryd.

Die Potchefstromers is vir 125 uitgeboul. Een van Volkies se staatmakers vanjaar, Suresh Adams, is die top lopiemaker met 27 (63 balle). Volkies se boulers slaag nie daarin om die tuisspan te stuit nie met Kian Wilbers wat se 54 (95 balle) deurslaggewend is.

Volkies eindig algeheel vierde in die Funsbury A-liga. Die eerste span is derde met die o15’s wat die vierde plek op punteleer beklee.

Finsbury A-liga punteleer

  1. Waterkloof
  2. Menlopark
  3. Kempton Park
  4. Volkies
  5. Eldoraigne
  6. Rustenburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button