Volkies vang ritme na nuutste oorwinning
Hulle speel Donderdagmiddag op tuisbodem teen die manne van Brits.
Volkies het ‘n derde agtereenvolgende oorwinning die naweek in die Noordvaal bowl afdeling beklink.
Die Potchefstromers vang nou ‘n ritme wat hulle na die halfeind-eindstryd van die kompetisie kan sien. Volkies het Saterdag, vir Dr. Malan, 33-28 in Meyerton geklop. Die manne van Volkies se 1ste XV het in drie weg wedstryde eers teen Piet Retief, toe Randburg en nou Dr. Malan koning gekraai.
“Dit was moeilik om weereens weg te speel, Dr. Malan is ‘n goeie span met veral ‘n goeie agterlyn. Ons was goed op tye gewees. Ons wil nou net hierdie week konsentreer om ‘n goeie week se voorbereiding te doen. Ons kan nie vir Wagpos onderskat nie, alle eerste-spanne in die liga is goed. Ons gaan alles insit om ‘n goeie wedstryd te speel,” het Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies gese.
met ‘n wen teen Wagpos sal Volkies vir hulle ‘n plek in die halfeindstryd speel. As Volkies die halfeindstryd behaal is enige iets moontlik, selfs ‘n Classic Clash wedstryd in die eindstryd.
Volkies moet eers oor die hekkie van Wagpos kom. Die keer hoef Volkies darem nie te reis nie. Hulle speel Donderdagmiddag teen die manne van Brits.