Schools

Polokwane-skole vier 100 van Afrikaans

Afrikaans is op 8 Mei 1925 amptelik as taal in Suid-Afrika erken en skole in Polokwane het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die geskiedenis en kultuur van die taal te vier.

POLOKWANE

Pietersburg Laerskool

Pietersburg Laerskool het in 2008 reeds hulle Eeufeesvieringe gehou, en kon dus met ondervinding Afrikaans se 100ste verjaarsdag verlede week vier.

Afrikaans is op 8 Mei 1925 amptelik as taal in Suid-Afrika erken en PLS het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die geskiedenis en kultuur van die taal te vier.

Met hulle Afrikaansweek verlede week het die leerders verskillende aspekte van die taal ondersoek – van Afrikaanse boeke lees tot musiek in hulle moedertaal luister.

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé

Afrikaans het verlede Donderdag sy 100ste verjaarsdag as amptelike taal in Suid-Afrika gevier.

Polokwane Review het met Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolhoof, Vanessa Kachelhoffer oor Afrikaans gesels. Vanessa was vir jare die Afrikaansjuffrou wat ‘n liefde vir hierdie taak met passie by haar leerders gekweek het.

Tom Naudé se skoolhoof, Vanessa Kachelhoffer

“Daar is verskeie redes waarom dit nodig is vir ons om vir ons kinders Afrikaans, veral suiwer Afrikaans te leer.”

• Identiteit en kultuur.

“Taal is ‘n kerndeel van wie ons is. Suiwer Afrikaans help kinders om hul wortels, tradisies en geskiedenis beter te verstaan en te waardeer.”

• Kommunikasievaardighede.

“Om Afrikaans goed te kan gebruik, bevorder ook lees-, skryf- en redeneervermoë, vaardighede wat oordraagbaar is na ander tale en vakke.”

• Taalbewaring.

“As ons nie ons kinders leer om die taal korrek te gebruik nie, sal dit mettertyd verwater en waarde verloor.

• Akademiese en beroepsgeleenthede.

“Daar is steeds Afrikaanse skole, universiteite, mediahuise en beroepe waar goeie Afrikaans ‘n groot voordeel is.”

Sonder dat ‘n mens dit besef is Afrikaans baie belangrik vir die gebruikers.

• Ryk idiome en humor.

“Afrikaans het ‘n besonderse vermoë om emosie en beeldspraak in kleurryke uitdrukkings vas te vang, van humor tot hartseer.”

• Eenvoud en ritme.

“In vergelyking met baie ander tale is Afrikaans logies en maklik aanleerbaar, maar steeds ryk aan emosie en betekenis.”

 

PHS

Daar word laggend gespot dat braai Suid-Afrika se nasionale sport is en dié stelling is beslis nie ver van die waarheid af nie.

Dit verg immers nie veel oortuiging vir ‘n Suid-Akrikaner om die hout reg te pak en ‘n vuurtjie aan te steek nie. Voeg daarby rugby en ook ‘n lekker boeresokkie, dan is die prentjie voltooi.

PHS het verlede week kultuurweek gevier, en daarmee saam sommer Woensdag die vure aangesteek om Afrikaans se 100ste verjaardag te vier.

Teen die tyd dat die vure aangesteek was, was die samesyn tasbaar. Die seuns het die wors gebraai terwyl die meisies die broodjies gereed gekry het. Teen pouse kon die leerders en personeel, hulle tande in ‘n sappige boereworsrol inslaan.

Vir nagereg het elkeen ‘n stroopsoet koeksister gekry om aan te smul voordat hulle die vierkant warm gesokkie het tot na pouse.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button