MBOMBELA – Mnr. André Laubscher is gisteroggend 07:00 by Bavaria Gastehuis gearresteer nadat die polisie al ‘n hele ruk na hom op soek is.
Bossie’s Community Justice het die gemeenskap Woensdagaand op Facebook versoek om op die uitkyk te wees vir Laubscher. Die versoek is deur meer as 200 mense op die sosiale netwerk versprei en Laubscher is ure daarna gearresteer.
Lees vandag se koerant vir die besonderhede wat vertel hoe Laubscher aangekla is van diefstal, intimidasie en die pleeg van crimen iniuria. Dit word beweer dat hy ‘n ondersoekbeampte van die SAPD tot só ‘n mate geïntimideer het dat twee lasbriewe vir sy arres uitgereik is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!