EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Klipbergfees is deur ‘n ieder en elk geniet

Mense van heinde en verre het die Paasnaweek na die Klipberg-fees in die Landmans-vallei gestroom. Besoekers van so ver as Johannesburg, Pretoria, Piet Retief, Rustenburg en selfs van buurstate soos Mosambiek, het kom kyk wat die fees bied

ROOSSENEKAL – Mense van heinde en verre het die Paasnaweek na die Klipberg-fees in die Landmans-vallei gestroom.

Dit het Vrydag begin en Sondag geëindig. Verskeie kunstenaars het deurentyd opgetree en daar was genoeg vermaak om oud en jonk besig te hou. Daar was biertente, kosstalletjies en ‘n vlooimark waar besoekers na hartelus kon koop.

Besoekers van so ver as Johannesburg, Pretoria, Piet Retief, Rustenburg en selfs van buurstate soos Mosambiek, het kom kyk wat die fees bied.

Van die kunstenaars wat opgetree het, was Chapter 23, Charlene Olivier, Mari Minnaar, The Vacancy, Rodeo Girls, Clive Bruce en Jason Bradley.

Daar was verskeie kompetisies waaraan die feesgangers kon deelneem, soos ‘n bergfietsren, sterkman en -vrou, Mnr. en Mej. Klipberg en ‘n 4×4-wedren. Die organiseerders het laat blyk dat hulle in die toekoms ook ‘n groot rock-fees beplan.

Landmans-vallei is naby Roossenekal geleë. Dit bestaan uit 1400 ha van die mooiste natuurskoon wat Mpumalanga kan bied. Hier kan jy ook op wildsbesigtigingstoere met perde gaan of vir die meer gewaagdes, is daar begeleide toere op kwadfietse.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button