EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Sanger slaan kitaar om misdaad te help bekamp

Hy tree ten bate van Bossies Community Justice (BCJ) by Emnotweni op.

MBOMBELA – Die gewilde sanger en kitaarspeler Pieter Smith beloof om die voete Woensdagaand behoorlik te laat jeuk.

Al die winste sal aan dié organisasie sonder winsoogmerk geskenk word om hulle in die bekamping van misdaad te ondersteun.

Lees ook: Die geheim is uit: The Secret Fat Burner is gevaarlik

BCJ strewe daarna om vinniger reaksietye op lewensbedreigende situasies en noodgevalle te verseker. Hulle werk nou saam met die SAPD, sekerheids-maatskappye, nooddienste en die gemeenskap om misdaad in die Laeveld te bekamp.

Die optrede beloof om boonop baie pret te wees want Smith hou energie- en aksiebelaaide konserte wat by oud en jonk aanklank vind.

Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is ‘n nader beskrywing van Smith se vertonings.

Lees ook: Jason Esterhuizen sal dalk weer kan sien

Een van die hoogtepunte tydens sy optredes is die kitaarsolo’s waarop hy die gehoor trakteer. Laevelders kan dus uitsien na ‘n heerlike partytjie-ervaring met ‘n goeie dosis nostalgie op die koop toe.

Verrigtinge skop om 18:30 vir 19:00 af en die tema is rooi en swart. ‘n Vendusie gaan ook gehou word.

Kaartjies beloop R300 per persoon en sluit versnaperinge in. Daar gaan ook die geleentheid wees om wonderlike pryse los te slaan, waar onder ‘n helikoptervlug en bergpiek-piekniek.

Lees ook: R538 to Numbi Gate closed due to protests

Groepe kan natuurlik ook ‘n tafel van 10 bespreek vir ‘n aand se heerlike vermaak wat niemand sommer sal vergeet nie.

Kom skoffel, skud en kuier saam. Bespreek by 082-567-5212 of besoek bossies-community justice.myshopify.com/products/pieter-smith-live.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button