Hard newsLocal newsNews

KYK: Gibraltar gerat vir BosRock

BosRock vind op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge buite Mbombela plaas.

MBOMBELA – Gibraltar se geheim, dat die groep na 25 jaar steeds bestaan, is dat niemand groter as die groep is nie.

“Ons is almal nederig, of probeer wees, en ons het ‘n wonderlike band,” sê Bert Ford.

Almal wat Gibraltar al sien optree het, kan getuig van die unieke klank wat dié ses manne op ‘n verhoog optower. Die lede het oor die jare verander.

Bert (op baskitaar) het saam met Jaime Negrão (sang en kitaar) en Wynand van Staden (dromme) die groep 25 jaar gelede begin. Neil Fishwick (perkussie en mondfluitjie) het later bygekom, en Peter Salzwedel (tromboon) en Gene Mathey (trompet) het sowat agt jaar gelede ook aangesluit.Sedertdien het Gibraltar hul eie styl ontwikkel en het hulle al regdeur die land getoer. Hulle grootste optredes was by die Standard Bank Jazz-fees waar Hugh Masekela twee jaar gelede ook gespeel het. Hulle het al by Innibos opgetree, vir Dan Patlansky geopen, en verlede maand op Dozi se plaas, Back to the Roots gespeel.

Nou is hulle op pad BosRock toe, die eerste ou-skoolse harderockkonsert wat in Oktober in the Laeveld plaasvind.

LEES MEER: Bosrock Festival – Nelspruit

Die Ruiters van die Nag (Mel Botes, Valiant Swart, Piet Botha, Robin Auld en Arthur en Rudolph Dennis van Akkedis) sowel as The Black Cat Bones, Jonathan Peyper en Goat N Hare tree ook daar op.

Gibraltar is opgewonde dat die dag se hooffokus op rockmusiek is. Van hulle musiekliefhebbers kan die dag heelwat nuwe materiaal verwag – nie nuwe liedjies nie, maar goed wat hulle nie gereeld speel nie.

“Ons speel covers ook, maar ons maak dit ons eie.”

Hulle het al ‘n ses uur lange konsert gespeel sonder om ‘n liedjie te herhaal. Nie baie groepe kan dit sê nie. Almal stem saam, Jaime is ‘n spesiale musikant wat jy beleef. Wynand, “Die Metronoom” is ‘n onderlooflike in-die-koldrommer.

SIEN OOK: BosRock bringing old school rock to the Lowveld

Verder is hulle gewone ouens, en braai baie. Hulle maak musiek vir die liefde daarvan. Die goue reël is dat elke lid se werk eerste kom.

“Die meeste groepe vandag probeer primadonnas wees. Ons respekteer mekaar,” sê Bert. “Ek kan myself nie ‘n lewe indink waarin ek nie speel nie.”

Moet nie BosRock op 6 Oktober by Kwanyoni Lodge misloop nie, van 12:00 tot laat. Mahindra Nelspruit, Kwanyoni Lodge, Storm Produktionz, Laevelder en Panarottis i’langa span saam om dit ‘n dag vir die boeke te maak.

KYK

Konsertgangers kan die dag ook gratis by i’langa Mall parkeer om teen slegs R20 met Citybug Kwanyoni toe en terug vervoer te word. BosRock-kaartjies beloop tussen R100 en R300 en is by Computicket beskikbaar.

Klik op die logo om Computicket se webtuiste te besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button