Local newsNews
CANSA-debutante hou uithalerfunksie
Elke jaar hou die debutante 'n bal om die sukses van die jaar te vier. Net twee skole kon egter vanjaar deelneem aan die geleentheid, naamlik Uplands College en Hoërskool Nelspruit.

Die wenner, Gerhard Oosthuizen van NHS, het alleenlik R19 000 ingesamel vir CANSA. In geheel het die debutante R141 000 vir die organisasie ingesamel.
“Ons was groot verras toe een van die ouers van Uplands College besluit het hy hou nie van die ongelyke getal nie, en het toe sommer ‘n donasie bygelas om die finale bedrag tot by R150 000 te bring,” vertel Monique Bornman, CANSA Laeveld se gemeenskapsmobiliseerder.

“Dit was werklik ‘n suksesvolle aand na ‘n goeie jaar onder dié omstandighede, en ek wil elkeen van die debutante bedank vir al hul harde werk,” het Bornman afgesluit.
LEES OOK: CANSA Lowveld place the focus on teenage cancer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
