Local newsNews

Soektog na die Laeveld se buffel van ’n baard

Daar was natuurlik geen verloorders nie en 'n paar bebaarde manne het met lekker geskenkmandjies weggestap.

Jock Pub and Grill het verlede Donderdagaand gasheer gespeel vir die Buffelsfontein Brandewynbaardkompetisie en die onthulling van die handelsmerk se buffelkop. Daar was verskeie kategorieë in hierdie unieke uitdaging wat Laevelders aangemoedig het om op te daag en baard te wys.

Deelnemers het tou gestaan om eerste plek te neem in die Meneer Probeer-; Hoe Rooier, Hoe Mooier-; Wysheid met Grysheid- en die gesogte Buffelsfontein-baardtitels.

LEES OOK: CANSA-debutante hou uithalerfunksie

Die eienaars, Meyer le Roux, Mark Eybers en Ichnus Wait, is vergesel deur die ambassadeur vir Buffelsfontein Brandewyn, Wynand Steenkamp.

Dié vier pronk self met goed versorgde baarde en het Jock Pub and Grill se eienaar, Craig Strydom, gehelp met die beoordeling. Wait het ook die geleentheid geneem om meer oor die gewilde handelsmerk se ontstaan en ontwikkeling te vertel.

Craig Strydom en Timothy Buys.

LEES OOK: IN FOTO’S: Steve en ander versit berge vir kankerpasiënte

“Ons is al van voorheen pelle wat ons koppe bymekaar gesit en ons veskillende agtergronde na die tafel gebring het. Eers het Meyer ‘n advertensie vir baardolie gemaak en dit uitgesaai.

“Dit het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei en later het hy sy kreatiewe denke in kort video’s omskep. Ons het daarna ‘n paar ander produkte ingesluit.

Mark Eybers, Wynand Steenkamp, Meyer le Roux en Ichnus Wait.

LEES OOK: Care Buddies sorg vir heerlike Kersfees-bederf

“Dit het gewissel van ‘n restaurant in Pretoria tot brandewyn, ‘n barbier en ‘n pinotage-wyn. Soos die produkte vrygestel is en deur klante aanvaar is, het Buffelsfontein Brandewyn ook in gewildheid gegroei.

“Dis waarom ons vier bekende inrigtings in Mbombela besoek vir die buffelkop-onthulling. Dit sluit Lightbox, Jock, Hoofkantoor, Mustangs en The Pub in om hulle te bedank vir die ondersteuning wat Buffelsfontein Brandewyn in die dorp geniet,” het Wait afgesluit.

Louis Buys en Craig Strydom.

LEES OOK: Mustangs beplan groot dinge vir Desember

Daar was natuurlik geen verloorders nie en ‘n paar bebaarde manne het met lekker geskenkmandjies weggestap. Die wenner in die Meneer Probeerkategorie was Ewald Toerien.

Werner Terblanche, Jerry Strydom en Shaun Terblanche het meegeding vir die rooi baard-prys, terwyl Louis Buys die Wysheid met Grysheidtitel losgeslaan het. Die aand se verdienstelikheidswenner is William Thomas wat die prys ontvang het vir die Buffelsfontein Baard.

William Thomas en Monique de Beer.

LEES OOK: Hoërskool Bergvlam beloon matrieks vir vyf jaar se harde werk

Volgens die handelsmerk se eienaars lê daar nog groot moontlikhede voor vir die brandewyn, wat hulde bring aan
‘n beesboerdery tussen Rustenburg en Britz wat sedert die 1800’s aan die gang bly.

Die drie is groot vriende en elkeen bring sy deel om Buffeslfontein Brandewyn ‘n huishoudelike naam te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button