Liggies bring Kersfeesgees
Die Bateleur Liggiefees is iets waarna talle Laevelders jaarliks uitsien, en hierdie jaar was geen uitsondering nie.
Alhoewel sommige besoekers opgemerk het dat die liggies vanjaar heelwat minder was, was dit duidelik dat sommige huiseienaars steeds uit hul pad gegaan het om dit iets besonders te maak.
Baie reken dat die geleentheid vir die inwoners om weer uit te kom en om familie te besoek, moontlik die rede vir die minder liggies kan wees.

Nietemin was daar byvoorbeeld een huis met ‘n brieweboks vir Kersvader, terwyl daar kierielekkers by ‘n ander uitgedeel is.
LEES OOK: Vloed van 20 jaar gelede onthou
Selfs die vlakvarkstandbeelde het Kershoedjies opgehad; dan was Kersvader se rendiere op talle dakke te sien.
Die skenkings wat besoekers by die ingang gemaak het, gaan hierdie jaar aan Herfsakker Ouetehuis.

Die liggies is op 16 Desember aangeskakel en kan tot 31 Desember besigtig word.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
